Local news

Water vat-vat aan dié bruggie

Ses sluise by oop

Teen vanoggend, Donderdag 16 Februarie om 05:30, het die Vaalrivier se watervlak 2,55m by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel gemeet. Die brug is weens die hoë watervlak tans gesluit vir voetgangers en voertuie, hoewel bakkies nog vroeg vanoggend kon oor ry.

Die Schoemansdriftbrug soos dit vanoggend lyk. Foto met erkenning aan Sue Janse van Rensburg

Vaaldam is vanoggend 109,76% vol met nog 9,8mm reën wat in die Vaaldam se opvangsgebied Woensdag geval het. Invloei by die dam is 953,27 kubieke meter per sekonde en uitvloei teen 838,9 kubieke meter per sekonde. Daar is steeds 6 sluise oop by Vaaldam.

Bloemhoefdam is nou 106,31% vol. Uitvloei by Bloemhof sal teen 10:00 verhoog word na 1 400 kubieke meter per sekonde.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button