Local news

Save Ngwathe: Ons het ‘warriors’ nodig

"Vra wat kan ek doen. Sorg dat daar 'n papierspoor is van klagtes wat aangemeld word sodat diensbaarheid gemeet kan word, en raak betrokke. As ons hande vat, het ons eenheid,"

Volgens die nie-politiese drukgroep Save Ngwathe sal dit na raming ‘n R1 000 per uur kos om ‘n noodkragopwekker by Parys se watersuiweringsaanleg aan die loop te hou, maar die vraag is hoe gaan Ngwathe daarvoor betaal? DiĂ© en ander kwelvrae is verlede week deur Save Ngwathe op die tafel gesit tydens ‘n gemeenskapsvergadering wat by die AfriDome gehou is. Sowat 150 mense het die vergadering bygewoon.
Die organisasie met sy 3 567 ingeskrewe lede vervul ‘n waghondfunksie oor diensle- wering in die Ngwathe munisipaliteit sedert die organisasie se totstandkoming in 2022.


Tans kom die dorp se totale watersuiweringsaanleg tot stilstand elke keer wanneer daar beurtkrag is. Die gevolg hiervan, tesame met talle probleme by die aanleg,
veroorsaak dat net 6 megaliter water per dag gesuiwer word, pleks van die 15 mega- liter water waarvoor die aanleg ontwerp is. Van die 6 megaliter water wat gesuiwer word, moet water ook gebruik word om die filters te spoel telkens wanneer die aanleg gestaan het, sĂȘ Save Ngwathe.
By die vergadering is verwys na die pakketsuiweringsaanleg wat in 2015 by die wateraanleg geĂŻnstalleer is om ‘n addisionele 10 megaliter per dag te kon voorsien. DiĂ© was ‘n jammerlike mislukking omdat dit nie ontwerp is vir Suid-Afrikaanse omstandighede nie. Uit die verslag oor Save Ngwathe se besoek aan die aanleg saam met kundiges, het Juan du Toit, gesĂȘ, dat sou die Ngwathe munisipaliteit ‘n noodkrag- opwekker by sy suiweringsaanleg in Parys installeer, dit onmiddellike verligting kan bring vir watervoorsiening aan inwoners. Die vraag is egter of daar kundige personeel is vir instandhouding van die kragopwekker, en om brandstofvlakke te monitor.

Hoewel Save Ngwathe se bevinding was dat ‘n enkele noodkragopwekker waarskynlik nie genoeg sal wees om al die pompe aan die loop te hou nie, ‘n kragopwekker wel die knaende verstopping van die sandfilters kan voorkom. Daar is verwys na die talle evalueringsverslae deur verskeie instansies oor die tekortkominge by die suiwerings- aanleg, en werk wat deur kontrakteurs teen groot koste gedoen is, maar met geen daadwerklike verbetering vir watervoor- siening nie. “Almal blameer iemand anders vir die gebrek aan water en dienslewering.” Du Toit het verwys na die watertenkwaens wat ‘n korttermyn oplossing vir die dorp se waterprobleme moes bring, maar na vier jaar net bygedra het tot bittere woede en frustrasie. Foto’s is gewys van toegegroeide kleppe, en kleppe waar toegang nie beheer word nie, en so bydra tot sabotasie van die waternetwerk.

Toegegroei onder die gras is ‘n klep in die waternetwerk.

Verbygangers het maklik toegang tot die klep in die veld. 

Du Toit het gesĂȘ krag- en watervoorsiening loop hand aan hand en dat munisipale netwerke nie gemaak is vir die aanhoudende kragonderbrekings soos wat met beurtkrag gesien word nie. Hy het gesĂȘ dat dit veroorsaak dat mini-substasies en transformators ontplof, en skade aan die munisipale kragnetwerk aangerig word weens die hoĂ« lading.
Die Save Ngwathe-bestuur het in hul verslag oor wat die afgelope maande gedoen is, gesĂȘ daar word hard gewerk agter die skerms, maar dat samewerking met die mu- nispaliteit min is.
Wat die pad vorentoe betref was dit duidelik dat Save Ngwathe net kan slaag in sy doel om die munisipaliteit verantwoordbaar te hou vir dienslewering aan die totale gemeenskap van Ngwathe, as mense saamwerk. “Vra wat kan ek doen. Sorg dat daar ‘n papierspoor is van klagtes wat aangemeld word sodat diensbaarheid gemeet kan word, en raak betrokke. As ons hande vat, het ons eenheid, ” is gesĂȘ. “Hierdie is ‘n lang stryd waarvoor daar nie vinnige oplossings is nie, maar ons het vegters/ ‘warriors’ nodig,” het mnr. Gustav Dey, voorsitter van Save Ngwathe gesĂȘ.
Munisipale diensleweringsprobleme
Kantoorure – (056) 816 2700
Kamer 8 by die munisipale kantore
Na-ure – 082 909 3464
Vir statistiese doeleindes SMS die fout gerapporteer na 44119 of stuur e-pos na faults@savengwathe.co.za.
Hoe kontak jy Save Ngwathe

Tel. 076 581 1201
WhatsApp 076 581 1201
E-pos: admin@savengwathe.co.za
Kantoorperseel: Stasiehuis nr 2, Dolfstraat 68, Parys Om aan te sluit by Save Ngwathe besoek die Save Ngwathe webtuiste.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button