Local news

So maak jy jou huis ‘n tuiste na aftrede

Vir baie is aftrede 'n groot gebeurtenis. Vir sommige vreesaanjaend. Daarom is dit belangrik dat jou huis na aftrede 'n tuiste sal wees. 'n Plek met atmosfeer, warmte, rustigheid, gemak en gerief. Dit is waar tuisteskepping inkom.

Met praktiese raad het Cynthia Bergh vroue van die plaaslike VLU wenke gegee hoe jy jou huis in ‘n tuiste kan omskep na aftrede, toe daar op 7 Fe- bruarie saamgekuier is met die tema, “Tuisteskepping”.


Van die raad wat sy gedeel het, was:
* Daar moet voorsiening gemaak word vir wanneer volwasse kinders en kleinkinders kom kuier.
* Kinders wil graag die bekende uit hul kinderdae herken, soos foto’s, ornamente en meubels wat familie erfstukke is.
* As jy so bevoorreg is om jou man nog met jou te hê, moet roetine huistake verdeel word, sodat albei partye tyd vir hulself het om te ontspan en stokperdjies te beoefen.
* Jy moet self besluit hoeveel van jou dag jy aan werk in die huis wil spandeer en hoeveel aan ontspanning.
* Dit is baie belangrik om tyd vir jouself in te ruim vir ontspanning, stokperdjies en dinge buite die huis.
Die gehalte van jou lewe hang net van jouself af – jou ingesteldheid moet wees op vol dae. Skep geleenthede, sorg vir pret en lag dikwels.
Leef gesond en leef elke dag voluit.
Daar was ook raad vir afgetrede egpare of enkellopendes om jonk te bly:
* Maak elke dag ‘n agt ure dag. Beoefen sport, gaan uit en beleef iets mooi. Maak kos, lees, kyk saam TV saans en beplan die nuwe week wat voorlê.
* Skep spesiale dae soos verjaardae, huweliksherdenkings, gaan fliek, gaan teater toe en eet uit. Doen staproetes.
* Hê pret en lag baie. Nooi vriende oor
* Pas jou gesondheid op.
* Kry genoeg slaap en oefening, en onthou dit is belangrik om jouself te versorg en goed te lyk.
* Moenie ongesonde kos in die huis aanhou nie en beheer jou voedselporsies. Sorg dat jy genoeg water drink.
* Leef met ‘n doel.
* Afgetrede persone het ‘n magdom kennis.Nou is die tyd om jou kennis gratis met ander te deel. Met die afgelope week se saamkuier is die liefde ook gevier kort voor Valentynsdag, en is daar gesels oor die VLU-konferensie waar Parys se VLU-vroue in 2024 die gasvroue sal wees. Die VLU vroue kom weer 7 Maart bymekaar. As jy graag die geleentheid wil bywoon, selfs al is jy nie ‘n VLU-lid nie, is jy welkom.
Skakel vir Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304 as jy vrae het oor die VLU of graag wil kom saamkuier.
VLU wenk vir die maand: Hoe hou jy jou juweliersware skoon?
Voer ‘n bakkie uit met tinfoelie, gooi 1 koppie warm water, 1 teelepel koeksoda, 1 eetlepel skottelgoedseep en 1 teelepel sout in. Meng goed, laat jou juweliers- ware daarin lê vir 10 minute. Borsel goed en spoel af onder skoon water en maak droog.

Related Articles

Back to top button