Local news

Water dam steeds op oor dié deel van R59

Gebrekkige waarskuwingstekens wek kommer

 AfriForum se Viljoenskroon-tak het op 10 Februarie ’n dringende skrywe aan die Departement van Polisie, Paaie en Vervoer gerig oor die gebrek aan waarskuwingsborde op ‘n gedeelte van die R59 buite Viljoenskroon, wat verlede jaar oorspoel het. Dié pad is steeds onbegaanbaar en sal vir ’n geruime tyd nog so bly met water wat steeds oor die pad opdam. Die gebrek aan genoegsame waarskuwingsborde, om verbygaande motoriste te waarsku dat die pad gesluit is, is  ’n probleem en het al verskeie motoriste skade berokken.

 

Die tak het die departement tot Vrydag, 17 Februarie tyd gegee om genoegsame waarskuwingsborde aan te bring. Indien hulle dít nie doen nie, sal die  in Viljoenskroon-tak die nodige borde aanbring.

“Mense kan hulle lewens verloor, iets wat die tak ten alle koste wil vermy. Indien die borde nie teen Vrydag opgerig is nie, sal die tak inspring en dit self doen,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir Mooirivier.

 

Related Articles

Back to top button