Local news

Die skote gaan ‘klap’ by dié damwal

Die vooropgestelde 'aanval' word gewoonlik baie dramaties voorgestel met streng voorwaardes en reëls wat gevolg moet word om die geleentheid so veilig moontlik vir deelnemers en toeskouers te maak.

Rooibaadjies, vellies, stewels en kamaste, is die afgelope naweek aangetrek vir die kleedrepetisie van die skyngeveg ter herdenking van die Slag van Majuba wat besoekers aan die FAK se Udolpho Rivierplaas net buite Parys, hierdie Saterdag, 18 Februarie op die spreekwoordelike ‘punte van hul stoele’ sal hê.

Die Slag van Majuba was waarskynlik die bekendste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog.
Die veldslag was dan ook die laaste van vier militêre botsings tussen Groot-Brittanje en die Boere van Transvaal gedurende dié oorlog.

Tydens dié geskiedkundige veldslag het bykans ‘n honderd Britte onder bevel van genl.-maj. George Pomeroy Colley hul lewens verloor en talle is gevangene geneem.

Aan die Boere se kant het slegs twee gesneuwel en ‘n paar ander is gewond. (Nicolaas Smit, Stephanus Roos, Danie Malan en Joachim Ferreira was die bevelvoerders vir die Boere tydens die veldslag). Die klinkende oorwinning wat die Boere behaal het (en vernederende nederlaag vir die Britte) het die Britte gedwing om Transvaal weer sy vryheid te gee nadat dit 12 April 1877 geannekseer is weens ‘n verbreking van die Sandrivierkonvensie van 1852.
Parysenaars en besoekers wat belangstel word genooi om saam te kom gesels en meer te leer oor dié geskiedkundige veldslag wat 27 Februarie 1881 – honderd-twee-en-veertig jaar gelede – by Majubaberg naby Volksrust in KwaZulu-Natal plaasgevind het.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings reël die geleentheid.

Pak dus ‘n piekniekmandjie of braairooster en ‘n vleisie en kom geniet die dag saam met mede liefhebbers van geskiedenis by Udolpho Rivierplaas buite Parys. Bring gerus die kleingoed saam en kyk na ‘n skyngeveg.

Wat is ‘n skyngeveg?  
‘n Skyngeveg is ‘n voorstelling van ‘n veldslag of ‘n geveg wat in die geskiedenis plaasgevind het. ‘n Nuwe weergawe van ‘n ou gebeurtenis.
Die vooropgestelde ‘aanval’ word gewoonlik baie dramaties voorgestel met streng voorwaardes en reëls wat gevolg moet word om die geleentheid so veilig moontlik vir deelnemers en toeskouers te maak.

Van links is Herman Breytenbach, Jaco Jansen, Nicky Jansen van Vuuren, Guys Stroh, Mark Walkden, Marius van Zyl en Jan-Danie Malan (voor).

Die trotse manne reg gereed vir die skyngeveg. Foto’s met erkenning aan Chilli PicNic

Maak seker jy is Saterdag 18 Februarie vanaf 08:00 by Udolpho want hierdie is ‘n uitsonderlike geleentheid vir mense wat geïnteresseerd is in geskiedenis om te kom kyk, te leer en te ervaar. Lewendige geskiedenis. Die verrigtinge begin amptelik om 09:00.
Gereelde skyngevegte word jaarlik byvoorbeeld by Majuba en Val se Whiskey trein-insident aangebied.
As jy navrae het oor die Majuba-skyngeveg by Udolpho, skakel Jan-Danie Malan by 082 965 7002, of Mark by 084 860 2858.
Toegang
Toegang vir die dag se verrigting kos slegs R50 per volwassene en R25 vir pernsioenarisse. Kinders o.12 jaar woon die geleentheid gratis by. Toegangsgelde is by die hekbetaalbaar.
Op dié damwal gaan die Boere die Engelse bestorm vir die skyngeveg by Udolpho langs die Vaal Eden-pad net buite Parys.

Wat kan jy die dag by Udolpho verwag?
* Geskiedenisvoorstelling
* Skyngeveg
* Kanondemonstrasie
* Skiet van voorlaaier
* Verfbalskiet
* Kettieskiet
Daar sal braaipakkies te koop wees, jy kan bring-en-braai, worsbroodjies te koop, Boer-en-Brit foto’s, stalletjies om te besigtig en boerseep te koop.

Pamflette is vandag ook in Vanderbijlpark uitgedeel om mense te nooi na die skyngeveg op Udolpho 

Meer oor die Boere en Britse kleredrag tydens die Eerste Vryheidsoorlog:
Rooibaadjies was kenmerkend ‘n baie groot fout in die Suid-Afrikaanse landskap met Boere Skerpskutters. Daarenteen het die Boere ‘n mengsel van Voortrekkerklere en meer moderne klere gedra in neutrale kleure met vellies, leerstewels en kamaste, ‘n baadjie en breë rand hoed of kuil.
Meer oor die wapens wat gebruik is:
Meeste Boere het ‘n voorlaaier of ‘n Martini Henry met hul saamgeneem wanneer hulle opgeroep is.Hulle was uitstekende skuts, en is die gewere gebruik om te jag en vir verdediging.
Die Britte was goed opgeleide soldate wat toe reeds groot sukses in ander veldslae behaal het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button