Local news

Ngwathe se rioolsuiweringsaanlegte ook onder dié wat kommer wek

"As die bewaarder van water kom die DWS nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie."

Hoewel die toestand van die krag in Suid-Afrika erg en uitdagend is, kan dit nie vergelyk met die waterkwessie waarop Suid-Afrika afstuur nie” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.

Die meeste dorpe in die Vrystaat se drinkwater wat getoets is, is skoon en drinkbaar maar  Parys is weer saam met Koffiefontein en Kroonstad uitgewys as die dorpe waar drinkwater nie skoon en drinkbaar getoets het nie. Dít volgens  bloudruppel toetsuitslae van die AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Met die toetse wat verlede jaar gedoen is, is gevind dat Parys se drinkwater  E.coli bevat het, terwyl Koffiefontein en Kroonstad se drinkwater bloot nie op standaard is nie.

AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in die Vrystaat se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

“Ons kon vasstel dat 20 Vrystaatse dorpe se drinkwater – waaronder Bloemfontein, Boshof, Heilbron en Viljoenskroon – aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. Heilbron is soos, Parys, deel van die Ngwathe munisipaliteit.

AfriForum  sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 16 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit, Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit, Nala Plaaslike Munisipaliteit, Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit, Mafube Plaaslike Munisipaliteit, Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit, Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, Tokologo Plaaslike Munisipaliteit, Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit, Nketoana Plaaslike Munisipaliteit, Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit, Setsoto Plaaslike Munisipaliteit, Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit en Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit.

“Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Groenewald.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” het Groenewald gesê.

 

Die organisasie sê voorts in sy verklaring dit is duidelik uit die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se blou-en-groen-druppelverslag dat daar rede tot kommer is in Suid-Afrika.

 

AfriForum sal  sodra die regering hulle nuutste verslag bekendgemaak het dit noukeurig deurwerk en monitor, is  gesê.

 

“As die bewaarder van water kom die DWS nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie.  Dit is van kardinale belang dat ons sonder ophou die gehalte van ons drink- en rioolafvalwater toets. Ons moet dié lewensbelangrike bron beskerm,” sê AfriForum

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button