Local news

Met dié projek gee ons uit die hart

Basiese dinge soos tandepasta wat vir meeste van ons gewoon, of 'n moet is op die inkopielys, is 'n luukse vir van ons pensioenarisse," sê VVA

Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) loods weer vanjaar vir die derde keer sy Met hart-projek, en word besighede, skole, kerke en invidue uitgedaag om betrokke te raak, en te help om ‘n verskil te maak waar dit regtig saak maak in Parys.
Jy kan deur jou bydrae help om pensioenarisse weer hul waardigheid terug te gee, ‘n ma vir ‘n oomblik laat glimlag, ‘n pa met een bekommernis minder laat, en ‘n tienerseun/meisie met selfvertroue agterlaat.
Met dié projek word daar uit die hart gegee sonder om enigiets terug te verwag.
Die Met Hart-projek het vir die eerste keer in Desember 2020 afgeskop en alle verwagtinge oortref.
Die projek het by die 100 individue (hoofsaaklik pensioenarisse) bereik.
“Ons het dit weer gedoen in 2022, en weer besef hoe groot die nood werklik is.
Hoe kan jy ‘n daadwerklike verskil maak met die projek in 2023, vra jy?
Bydraes van die volgende items kan bymekaar gemaak word:
Enige toiletware soos seep, poeier, room, tandepasta, sjampoo, deodorant, weggooi- bare skeermesse, waslappe, babadoeke, babaprodukte ensovoorts.
Die skenkings kan afgelaai word by die VVA-kantoor, Buitenstraat 18, Parys, of daar kan ‘n reëling gemaak word om dit te laat afhaal.
‘n Artikel 18A sertifikaat kan uitgereik word op jou versoek.
Laat weet ook die VVA-kantoor by (056) 811 2971 as jy, jou kerk, besigheid of groep vriende betrokke wil raak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button