Local news

Die gordyn sak vir oulaas vir geliefde akteur

Veteraanakteur Louis van Niekerk sterf op 87 jaar

Liefhebbers van Afrikaanse verhoog en TV-produksies het Dinsdag 7 Februarie, met hartseer kennis geneem van die afsterwe van Louis van Niekerk, ‘n bekende veteraan in die bedryf. Hy is in die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede. Hy was 87 jaar oud.
Louis Van Niekerk het reeds op die ouderdomn van 12 jaar aan drama- en toneelproduksies begin deelneem.
Deur die jare het hy ‘n bekende verhoog-, rolprent- en TV-akteur geword en was ook ‘n gerekende teaterregisseur.
Sy eerste verhoogrol was in Babs Laker se “Ek onthou vir Mamma”. Hy het sy debuut op film in Carfo se “Die Voortreflike Familie Smit” in die1960’s gemaak
Van Niekerk was onder andere ook Giel in PG du Plessis se “Siener in die Suburbs” (1975), Mattewis in Mikro se “Mattewis en Meraai”, en Othello in die gelyknamige produksie saam met Marius Weyers en Sandra Prinsloo.
Leon van Nierop, regisseur, teaterkenner en rolprentkritikus, sê Van Niekerk se talent, rustige teenwoordigheid in die ateljee, kalmte en weergalose talent gaan baie gemis word. “Sy goue stem en begrip van hoe om vir ‘n mikrofoon te speel, het ons almal verryk,” sê Van Nierop.
“Louis van Niekerk was ‘n baken in die kunste. Ons dink almal met groot deernis aan hom en sy familie en talle, talle vriende en kollegas.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button