Local news

OG nie trevrede met Ngwathe se geldsake nie

Die volledige jaarverslag met die oudit-opinie moet reeds op Ngwathe se webtuiste verskyn.

Die Ngwathe munisipaliteit se geldsake, en sy administrasie, word weer skerp gekritiseer in die ouditeur-generaal (OG) se jongste verslag. Die verslag vorm deel van die finansiële state in die munisipaliteit se jaarverslag. Die nuutste jaarverslag (vir die boekjaar tot 30 Junie 2022) is Dinsdag, 31 Januarie deur Ngwathe se stadsraad goedgekeur vir openbare bespreking in die eersvolgende weke.
Ngwathe is weer, soos deurgaans in onlangse jare, gestraf met ‘n baie swak ouditopinie – ‘n sogenaamde ge- kwalifiseerde opinie met bevindings. Die redes vir die swak opinie is aan die Raad verduidelik deur ‘n ouditeur van die OG se kantoor. Hy het gesê dat die aantal bevindings, almal nadelig, sedert die vorige jaar ver-der toegeneem het.
Daar was ook wesenlike foute, onder meer as gevolg van swak kontrole oor die finansiële state deur bestuur, maar ook as gevolg van trae reaksie deur leierskap om gebrekkige interne beheer reg te stel. Bestuur was laks of onwillig om sekere basiese probleme en kwelpunte te korrigeer, was die gevolgtrekking. Hy het ook gekla dat swak werkverrigting deur personeel, en hul oortredings deurgaans nie behoorlik opgevolg en, waar nodig, gestraf word nie.
Ook is interne beheer deur middel van Inligtingstegnologie (IT) na twee jaar steeds ellendig, ten spyte van vorige OG-aanbevelings. Hy wys daarop dat die belangrike pos van ‘n IT-bestuurder al 10 jaar lank vakant is – en steeds bly.
In hul kommentaar sê DA-raadslede aan Gazette ‘enkele syfers skreeu duidelik uit waarom Ngwathe weer ‘n uiters swak oudit- opinie kry.’ Hulle meen onder die hoofredes is:·
* Ngwathe se nettoverlies gedurende die jaar het opgeskiet na R212 m
* Bedryfslaste oorskry bedryfsbates met ‘n verstommende R1 637 m·
* Eskomskuld het R1 502 m bedra (op vanaf R 1 342 m die vorige jaar)·
* Skuld aan Departement van Waterwese & Sanitasie was R151 m
DA-raadslede sê hulle veg lank reeds vir ‘n kragtige en verbeeldingsvolle regrukplan, en dat dit moontlik “en baie dringend nodig” is. Raadslid Arnold Schoonwinkel, die DA se segsman oor Ngwathe se geldsake, sê die DA het ‘n regrukplan voorgestel. “Trouens, dis al drie keer goedgekeur, eenparig nogal deur alle partye, maar dit kom net nie op dreef nie.” Hy sê Ngwathe moet uitgawes besnoei, sonder om dienste te beperk, en inkomste vermeerder, sonder om tariewe te verhoog. “Daarvoor bestaan talle puik idees, veral vanaf sakelui, maar ook van ander inwoners.”
Die volledige jaarverslag met die oudit-opinie moet reeds op Ngwathe se webtuiste verskyn.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button