Local news

Epilepsie-sentrum het jou hulp nodig

In Mei 2022 het die Wêreldgesondheidsvergadering van die Wêreldgesondheidsorganisasie die Intersektorale Globale Aksieplan (IGAP) oor epilepsie en ander neurologiese toestande aanvaar. Epilepsie Suid-Afrika staan aan die spits van die bekendstelling van die IGAP in Suid-Afrika. Hulle nooi dus almal na 'n werkswinkel oor die IGAP waar elkeen sy insette kan lewer.

Almal word uitgenooi na ‘n raadgewende werkswinkel oor die Intersektorale Globale Aksieplan (IGAP) oor epilepsie en ander neurologiese toestande.
Die werkswinkel kan in Parys of in Potchefstroom bygewoon word.

Parys werkswinkel: Woensdag: 1 Februarie:
Epilepsie SA, Boomstraat 52, Parys
Registrasie: 09:00 – 10:00
Werkswinkel: 10:00 – 15:00

Potchefstroom werkswinkel: Donderdag, 2 Februarie
NG Kerk, 44 Tinktinkie St, Baillie Park, Potchefstroom, 2526
Tyd:
Registrasie: 09:00 – 10:00
Werkswinkel: 10:00 – 15:00

Die werkswinkel sal die volgende insluit:

a.) ‘n Inleiding tot die IGAP, hoe dit verband hou met die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van Persone met Gestremdhede (VN CRPD) en die Witskrif oor die Regte van Persone met Gestremdhede (WPRPD) en die belangrikheid daarvan in Suid-Afrika; b) ‘n Oorsig van die inhoud van die Nasionale Plan vir Epilepsie en Ander Neurologiese Toestande wat daarop gemik is om die IGAP te mak met ‘n spesifieke fokus op die strategiese doelwitte en c) Fokusgroepe om die Implementeringsmatriks en M&E-raamwerk van die Nasionale Plan te bepaal.
Terwyl bywoning gratis is, bevestig asseblief jou bywoning so gou as moontlik deur Buhle Serathi te e-pos by reception@epilepsy.org.za of deur (056) 811-5959 te skakel.
Ons sien uit na u deelname aan hierdie belangrike inisiatief.

1. Wat is die IGAP?

Lidlande van die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) ontmoet gereeld in die Wêreld Gesondheidsvergadering (bekend as “the World Health Assembly” of “WHA”). Tydens die 75ste vergadering in Mei 2022 in Geneve het lidlande die Intersektorale Globale Aksie Plan (bekend as die “Intersectoral Global Action Plan” of “IGAP”) aanvaar. Die IGAP bou voort op vorige internasionale werk van so vroeg as 1997. Dit sluit in WHA Resolusie 68.20 wat die wêreldwye las van epilepsie uitgelig het, asook die behoefte om die gesondheids-, maatskaplike en openbare kennis van die toestand aan te spreek.

2. Hoekom is die IGAP belangik vir Suid-Afrikaners met neurologiese toestande soos epilepsie?

Die IGAP stel ten doel om toegang tot versorging en behandeling vir mense met epilepsie en ander neurologiese toestande te verbeter, maar ook om nuwe gevalle te verhoed en lewenslange breingesondheid en ontwikkeling te bevorder. Die doelwitte is dus om:
a) Die herstel, welstand en deelname van mense met neurologiese toestande te ondersteun;
b) Gepaardgaane sterflikheid, morbiditeit en gestremdhede to verminder;
c) Menseregte te bevorder en die stigma en diskriminasie aan te spreek.
Daarby bied die IGAP ook ‘n manier aan Suid-Afrika om die implementering van die Verenigde Nasie se Konvensie oor die Regte van Persone met Gestremdhede te verbeter. Suid-Afrika het hierdie Konvensie bekragtig en ons verslag is hierdie jaar ingedien by die VN Komitee.

3. Daar is vyf strategiese doelwitte:

a) Die eerste doelwit is om beleid te prioritiseer en bestuur te verbeter. Dit sluit in voorspraak en bewusmakingsveldtogte, die daarstelling van strategiese beleidsplanne en wetgewing gesteun deur effektiewe toesig, regulasies en aanspreeklikheid en beleide en programme met behoorlike befondsing.
b) Die tweede is diagnose, behandling en versorging wat effektief, betyds en toepaslik is. Dit sluit in versorginspaaie (m.a.w., interdissiplinêre versorging), medisyne, diagnostiek en ander gesondheidsprodukte noodsaaklik vir voorkoming, vroeë diagnose en behandeling, ondersteuning vir versorgers (m.a.w., families en gemeenskappe) en opleiding en ondersteuning vir gesondheidswerkers.
c) Die derde is die implementering van strategieë vir bevordering en voorkoming, insluitende bevordering van gesonde gedrag lewenslank, beheer van aansteeklike siektes, voorkoming van kop/spinale trauma en gepaardgaande gestremhede, vermindering van omgewingsrisikos en bevordering van optimale breinontwikkeling in kinders en adolossente.
d) Die vierdie is bevordering en belegging in navorsing en innovasie en verbetering van data en inligtingsisteme.
e) Die vyfde is die verbetering van die openbare gesondheidsbenadering tot epilepsie, insluitende toegang tot epilepsie dienste, betrokkenheid van en ondersteuning vir mense met epilepsie en om epilepsie te gebruik as ‘n toegangspunt vir ander neurologiese toestande.

4. Wat het Epilepsie Suid-Afrika gedoen om die IGAP in Suid-Afrika te implementeer?
Hulle het reeds ‘n projek gevestig in 2018 met vier doelwitte:
a) Die daarstelling van ‘n nasionale taakmag om toesig te hou oor implementering;
b) Ontwikkeling van ‘n nasionale plan;
c) Bewusmaking en opvoeding; en
d) Ondersteuning van internasionale ontwikkelings.

Waar kan lesers meer uitvind oor die IGAP en implementering in Suid-Afrika?
Epilepsie Suid-Afrika het hierdie projek van die begin af gelei. Meer inligting is op hul webtuiste (www.epilepsy.org.za), per e-pos by wha@epilepsy.org.za of deur ons tolvrye nommer te skakel (0860 EPILEPSY – 0860 374 537) beskikbaar.

Related Articles

Back to top button