Local news

Situasie kalm voor hoofgebou

Vyftien weer vandag in hof op klagte van openbare geweld.

Die situasie was met die skryf van hierdie berig steeds kalm en onder beheer waar n groep mense voor die Parys landdroshofgebou wag op uitkoms van vandag, Maandag 23 Januarie, se hofverskyning van die 15 mense wat verlede week gearresteer is op klagte van openbare geweld na protesoptrede in Parys oor die voortslepende watertekorte in die dorp. Die 15 se formele borgaansoeke moet vandag gehoor word.

‘n Sterk polisieteenwoordigheid word gesien en selfs die klanke van kitaarspel is vanoggend gehoor waar mense in die skadu gestaan en wag het.

Ook by die hof het sake sy gang gegaan maar is toegang tot die hofgebou streng beperk.

Hoewel dit steeds stil was in die dorp se strate is dit rustig en besighede oop. Skole in Parys was egter steeds gesluit.

Oraloor het mense met wie Gazette gesels het dieselfde gevoel – mense verstaan die rede vir die protesoptrede uit n gemeenskap uit frustrasie oor maande se droë krane wat die hele Parys, Tumahole en Schonkenville raak. Almal word geraak.

Mense is moeg gesukkel, hulle soek water in hul krane. Maar daar is kommer oor besighede en die verlies aan inkomste, oor die ontwrigting tydens verlede week se protes wat die dorp se ekonomiese bedrywighede en dienslewering lam gelê het. Mense wil nie langer sien dat kinders se onderrig geraak word deur protesoptrede nie.

Ja, hulle is gefrustreerd met die onvermoë van n munisipaliteit om basiese dienste aan sy inwoners te lewer, maar nie ten koste van ons kinders, ontwrigting van mense se werk en besighede nie, of met skade en plundering nie

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button