Local news

Pak ‘n voedsame kosblik vir jou kind

'n Paar kosblikkie-idees

Vir ma of pa wie se werk dit elke dag is om vir hul skoolgaande kinders ‘n kosblik te pak, kan dit ‘n groot kopseer word. Verby is die dae toe kinders net met ‘n konfyt en kaas broodjie, grondboonbotter en stroop of tamaties en kaas tevrede was. Deesdae is dit byna ‘n kuns om ‘n kosblikkie te pak waarvan die kind sal hou en wat jou nie ‘n arm en ‘n been sal kos nie.
Hieronder is ‘n paar idees:

* ‘n Volgraanbroodjie met kaas, ham, tamatie en blaarslaai is altyd ‘n wenner. Dit is nie net lekker nie, maar ook voedsaam. Dit is gesonder as witbrood.
* Wissel die broodjies af met ‘n broodrolletjie met ‘n worsie in (hotdog). Moet egter nie te veel tamatie- en ander souse oor die worsie gooi nie, want die kind kan sy hele skooluniform bemors.

Pak maar ‘n ekstra broodjie indien daar ‘n maatjie is met wie hy of sy dit wil deel. Dit leer die kind reeds van kleintyd af om te gee.

* Gebruik die oorskietvleis of hoender van die vorige aand en plaas dit in ‘n wrap. Sit ‘n klein bietjie slaaisous en blaarslaai in en dit is ‘n heerlike bederf. Muffins wat warm of koud geniet kan word, kan ook goed werk.

  • Eiermuffins wat jy in ‘n muffinpannetjie kan maak met groente in is ook ‘n goeie idee.
  • Kaas toegedraai in ‘n stukkie ham.
  • As jy graag ‘n snackwich broodjie vir jou kind wil inpak, kan jy die broodjie reeds die vorige aand voorberei en net voor skool gou in die snackwicher sit.
  • Onthou om vir jou kind ‘n vrugtesappie van sy keuse in te pak. As jou kind nie lief is vir sap nie, kan gewone Oros of net water ook werk. Dit is altyd lekker om die kos met ‘n lafenis af te sluk.
  • Peuselhappies is gewild onder kinders. Pak dus ‘n bietjie neute, droëvrugte, volgraanhappies of ‘n vrug saam met jou kind se broodjie in. Appels is nie net gesond nie, maar is ook maklik om te eet en mors nie. ‘n Piesang kan egter in die hittige somermaande pap word. Bloubessies en aarbeie is ‘n groot bederf en kan afwisselend met appels gebruk word.

 

  • Kersie tamaties, komkommer of wortelstokkies is ‘n wenner.
  • Bederf jou kind een keer per week met ‘n lekker stafie sjokolade of ‘n klein pakkie aartappelskyfies, of sels ‘n ontbytstafie.
  • Biltong of droë wors is altyd gewild

Kry ‘n kosblikkie vir jou kind waarin jy die broodjie en peuselhappies apart kan pak sodat broodjies nie klam word of meng met ander peuselhappies nie.

 

  • Deel gerus met ander lesers jou wenidees vir ‘n voedsame en lekker kosblikkie

Related Articles

Back to top button