Local news

Polisie hou steeds ‘n wakende oog

Dorp se strate stil vandag

‘n Sterk polisie-teenwoordigheid word steeds in die groter Parys gesien nadat betogers sedert Sondagaand 15 Januarie chaos en ‘n pad van verwoesting in die dorp gesaai het toe bande en munisipale watertenks gebrand is uit frustrasie en woede oor die dorp se knaende waterprobleme.

Vanoggend, Dinsdag 17 Januarie het ‘n groep betogers  bymekaar gekom in die nywerheidsgebied van Parys, asook in kleiner groepe in Tumahole, en is daar weer bande in die Tumahole-woonbuurt, by die Tumahole munispale kantore, sowel as in die nywerheidsgebied van Parys, en die kruising by die ingang na die Schonkenville-woonbuurt gebrand.

Die dorp was egter stil met net enkele besighede wat hul deure oopgemaak het. Verlate strate en parkeerterreine was die stil getuienis van die gevolg van Maandag se chaos.

Die Parys-kliniek, banke en skole is gesluit vandag.

Alle toegangsroetes na Parys was egter met die skryf van hierdie berig nog oop, insluitend die R59 by die ingang na die dorp vanaf Sasolburg-kant.

Mense is wel afgeraai om nie die Parys/Koppies-pad te ry nie.

Verskeie voorvallle van intimidasie van werkers wat nie toegelaat is om na hul werksplekke te kon gaan nie, of wat uit vrees vir intimidasie tuis gebly het, het egter  noodsaaklike dienste lam gelê veral by tehuise vir bejaardes.

Intussen is bevestig dat die polisie Maandag vier mense onder wie drie vroue en ‘n man gearresteer het op klagte van openbare geweld.

Protesaksies het ook Maandag in ander dele van die Vrystaat uitgebreek in onder meer Kroonstad en Ventersburg. Die protes is ook as gevolg van probleme met munisipale  watervoorsiening aan gemeenskappe.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button