Local news

Vrywilligers, besighede vat hande na betogers se pad van verwoesting en skade oor water

Strate skoongemaak na betogers die dorp invaar

Vrywilligers en besighede uit die Parys-gemeenskap het vroeër vanmiddag hande gevat om skoon te maak nadat woedende betogers ‘n spoor van verwoesting gelaat het  sover hulle gegaan het, toe hulle  die dorp ingevaar het om hul frustrasie met knaende watertekorte te wys. Daar is sedert Sondagaand 15 Januarie begin om in die Tumahole-woonbuurt bande en munisipale watertenks te brand.

Toe die situasie kalmer was, het mense eenvoudig begin klippe uit die paaie optel, en die gemors skoongemaak.

Die gemeenskap gaan reeds vir baie lank onder baie ernstige watertekorte gebuk.

Vanoggend het die betogers vroeg reeds begin om paaie te versper en oral bande te brand en klippe te pak waar hul gekom het. Skole moes noodgedwonge tydelik sluit en kinders huis toe gestuur word nadat die betogers ook by die skole, die munisipale gebou en die dorp se watersuiweingsaanleg bande gebrand het.

‘n Fotobeeld van die pad van verwoesting wat vandag in Parys se strate gelaat is toe betogers die dorp ingevaar het uit woede oor knaende watertekorte. 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button