Local news

Burgemeester se ma se huis afgebrand

Groot skade na woedende betogers die strate invaar


Woedende betogers wat sedert gisteraand hul frustrasie oor knaende watertekorte in die groter Parys gewys het toe begin is om bande en JoJo watertenks in die Tumahole-woonbuurt te brand, het vanmiddag ook die huis van die Ngwathe burgemeester, rdl. Victoria de Beer, se ma, afgebrand.

Die Ngwathe burgemeester, rdl. Victoria de Beer, se ma se huis wat vanoggend ook deur betogers afgebrand is wat hul woede gewys het oor knaende watertekorte in die dorp. Foto: Verskaf

 

Die betogings het vanoggend hande uitgeruk toe daar vroeg vanoggend letterlik oral in Tumahole, Schonkenville, en Parys se middedorp en nywerheidsgebied bande en watertenks gebrand en klippe gegooi is. Die betogers het ook die R59 by die ingang na Parys vanaf Sasolburg-kant versper en is daar ook op ander paaie en toegangsroetes na die dorp klippe gepak en bande gebrand.

Skole moes inderhaas ontruim word ter wille van die kinders se veiligheid nadat betogers ook hier bande gebrand het.

Daarna isĀ  na die munisipale kantore en die dorp se watersuiweringsaanleg in die dorp beweeg.

Verskeie besigheide moes hul deure sluit terwyl die betogers in die strate beweeg het.

Die betogers het waar hul gegaan het die strate vuil en bemors gelaat.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button