Local news

JoJo’s brand oor water-woede

Gemeenskap se frustrasie bereik breekpunt

Woede en frustrasie van die Tumahole-gemeenskap oor knaende watertekorte het vanmiddag breekpunt bereik met sowat 1 000 gemeenskapslede wat vroeër vanaand begin het om van die munisipale watertenks in die Sisulu-woonbuurt te verwyder en aan die brand te steek. Daar is ook bande gebrand in Father Balink-straat in die Tumahole-woonbuurt.

Dit volg nadat daar vroeër op die Tumahole Community groep ‘n kennisgewing geplaas is van ‘n vergadering wat vandag, Sondag 15 Januarie om 16:00 by die Fezile Dabi-stadion gehou sou word.

Met die skryf van hierdie berig was lede van die Tumahole SAPD en die polisie se Openbare Orde eenheid steeds op die toneel waar die JoJo’s aan die brand gesteek is.

Related Articles

Back to top button