Local news

Slag van Majuba by Parys herdenk

Die Slag van Majuba sal op 18 Februarie by Udolpho Rivierplaas buite Parys met 'n skyngeveg herdenk word.

Die Slag van Majuba was waarskynlik die bekendste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog en die laaste van vier militêre botsings tussen Groot-Brittanje en die Boere van Transvaal gedurende dié oorlog.

Tydens dié geskiedkundige veldslag het bykans ‘n honderd Britte onder bevel van genl.-maj. George Pomeroy Colley hul lewens verloor en talle is gevangene geneem.

Aan die Boere se kant het slegs twee gesneuwel en ‘n paar ander is gewond. (Nicolaas Smit, Stephanus Roos, Danie Malan en Joachim Ferreira was die bevelvoerders vir die Boere tydens die veldslag). Die klinkende oorwinning wat die Boere behaal het (en vernederende nederlaag vir die Britte) het die Britte gedwing om Transvaal weer sy vryheid te gee nadat dit 12 April 1877 geannekseer is weens ‘n verbreking van die Sandrivierkonvensie van 1852.

Inwoners wat belangstel word genooi om saam te kom gesels en meer te leer oor dié geskiedkundige veldslag wat 27 Februarie 1881 – honderd-twee-en-veertig jaar gelede – by Majubaberg naby Volksrust in KwaZulu-Natal plaasgevind het. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings reël die geleentheid. Pak dus ‘n piekniekmandjie of braairooster en ‘n vleisie en kom geniet die dag saam met mede liefhebbers van geskiedenis by Udolpho Rivierplaas buite Parys. Bring gerus die kleingoed saam en kyk na ‘n skyngeveg. Skakel Kobie Ströh vir meer inligting by 083 755 4444 of Jan-Danie Malan by 082 965 7002. Meer besonderhede sal vroegtydig gedeel word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button