Local news

Geliefde onderwyser sterf

Mnr. Pierre Krüger, ‘n oudonderwyser van beide Parys Primêr en Parys Hoërskool, is op 4 Janaurie in die ouderdom van 87 jaar oorlede. Hy is kort voor sy dood in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton opgeneem waar hy ook gesterf het. In sy lang onderwysloopbaan het mnr. Pierre Kruger ‘n ongelooflike groot indruk op talle …

Mnr. Pierre Krüger, ‘n oudonderwyser van beide Parys Primêr en Parys Hoërskool, is op 4 Janaurie in die ouderdom van 87 jaar oorlede. Hy is kort voor sy dood in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton opgeneem waar hy ook gesterf het.

In sy lang onderwysloopbaan het mnr. Pierre Kruger ‘n ongelooflike groot indruk op talle kinders gemaak vir wie hy skoolgehou het. ‘n Streng onderwyser, maar iemand wat besonder geliefd was. Selfs na sy aftrede het hy nog vir lank skoolgehou, en was hy tot en met sy dood in Parys gevestig.

Hy het in Graaff-Reinet grootgeword waar hy ook destyds sy onderwysloopbaan begin het. Oor die jare het hy naas Parys ook by skole in Sasolburg, Taaibos, Virginia, Welkom, Hertzogville en Vredefort skoolgehou.

Hy vestig hom in die sewentigerjare in Parys waar hy die grootste deel van sy onderwysloopbaan klas gegee het in wiskunde en skeinat, asook houtwerk en metaalwerk. Hy het aanvanklik by die laerskool in Parys begin, en later oorgeskuif na die Hoërskool. Hy het die Hoërskool se kadetorkes afgerig, en baie middae op die atletiekveld atlete gehelp met afrigting.

Hyself was ‘n kranige gimnas en atleet, en ‘n geesdriftige seëlversamelaar wat gespog het met onder meer ‘n omtrent volledige versameling van al die Suid-Afrikaanse posseëls. Hy het ook skulpe en edelgesteentes versamel.

Sy vrou, Janey, is in 1996 oorlede waarna hy weer getroud is met Hetta. Hetta is op 30 Junie 2022 oorlede.

Mnr. Krüger was ‘n toegewyde en opregte mens, baie talentvol, ‘n liefdevolle eggenoot, pa en oupa. ‘n Lojale vriend. Iemand in wie se hart kinders ‘n baie spesiale plek gehad het, en vir wie onderwys ‘n passie was.

Die troosdiens is Woensdag 11 Januarie vanuit die NG gemeente Parys-Suid gehou. Die diens is gelei deur ds. Hennie Hattingh.

Mnr. Krüger sal in liefdevolle herinneringe onthou word deur sy seuns, Francois en Christo, en vyf kleinkinders.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button