Local news

Masels: Maak seker jou kinders se inentings is op datum

Inenting bly die beste manier om die siekte te bekamp

Met die skooljaar wat een van die dae weer begin, is ouers opnuut gevra om seker te maak hul kinders se inentings is op datum.

Gevalle van masels is in Desember ook in die Oos-Vrystaat aangemeld, nadat daar reeds vroeër verlede jaar ook in vier ander provinsies gevalle gerapporteer is. Tussen 11 Oktober en 7 Desember was daar alreeds 169 gevalle van masels  in Noordwes, Mpumalanga en Gauteng.

Onthou dat masels hoogs aansteeklik is en simptome tussen 10 en 14 dae voorkom nadat die pasiënt aan die virus blootgestel is.

Simptome van die respiratoriese siekte sluit in ‘n droë hoes, ontsteking in die neus, seer keel, hoë koors , inflammasie van die oë, moegheid, diarree, naarheid, ‘n swak eetlus en rooi veluitslag wat gewoonlik by die ore begin en dan versprei na die bors, maag, rug, arms en bene.

Die virus kan baie vinnig versprei.

Inenting bly die mees effektiewe manier om die siekte te bekamp.

 

 

Related Articles

Back to top button