![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2022/11/vaal2-resize.jpg)
Een van die vier sluise wat tans by die Vaaldam oop is, sal om 10:00 vanoggend, Maandag 2 Januarie, toegemaak word.
Vaaldam is tans 102,99% vol met invloei teen 210,45 kubieke meter per sekonde, en uitvloei teen 507,4 kubieke meter per sekonde.
Barrage is 97,54% vol, en Bloemhofdam 102,08%. Uitvloei by Bloemhof sal vandag op 650 kubieke meter per sekonde gehandhaaf word.