Local news

Kersdag-kragfiasko: Eskom antwoord op skrywe

Eskom antwoord op VRDA skrywe

Eskom het wel op 29 Desember deur sy prokureurs gereageer op ‘n skrywe van die Vaal River Development Association (VRDA) wat op 26 Desember aan die kragreus gestuur is na aanleiding van die Kersdag-fiasko waarin verbruikers in Parys, vir ure sonder krag was buite geskeduleerde beurtkragtye, en sonder vooraf waarskuwing.

Volgens die VRDA se raadgewende prokureur, mnr. Lou van Wyk, word in die skrywe wat ontvang is van Eskom, aangedui dat ladingsvermindering nie verder in die Ngwathe munisipaliteitĀ  toegepas sal word in die vorm van vermindering van die Aangemelde Maksimum Aanvraag (NMD) sonder dat prosesse gevolg word nie.

Die VRDA het in sy skryweĀ  op 26 Desember antwoorde van die kragreus ge-eis oor of Eskom van voorneme is om verdereĀ  lasvermindering en/of addisionele beurtkrag in die Ngwathe munisipaliteit toe te pas, bo en behalwe nasionale beurtkrag. In die VRDA se skrywe is pertinent verwys na die meerderheidsuitspraak in die konstitusionele hof op 23 Desember wat finaal beslis het dat Eskom nie lasvermindering in die Ngwathe en Lekwa munisipaliteit mag toepas waarmee verbruikers in diĆ© wanbetalende munisipaliteite tot dusver ‘gestraf’ is nie.

Die VRDA se regsspan het Eskom tot 29 Desember om 12:00 tyd gegun om op sy skrywe te reageer.

Eskom het deur sy prokureurs aangedui dat hy later volledig op die VRDA se skrywe sal reageer, het Van Wyk gesĆŖ.

Die konstitusionele hof was met sy uitspraak na die meerderheidsbeslissing baie duidelik dat verbruikers nie vir munisipaliteite se onvermoƫ gestraf kan word nie.

In die VRDA se skrywe aan Eskom is ook pertinent uitgewys dat die publiek nie vooraf gekonsulteer is oor die beoogde stappe om kragvoorsiening te verminder soos voor en op Kersdag gedoen is nie.

 

Related Articles

Back to top button