Local news

Harte oop vir Hartshuis se mense

Op dié grasperk is sommer lekker gedans

 


Die 96.1 radiospan van Overvaal Stereo, en personeel van VVA Parys het op ou Kersdag 24 Desember tyd gemaak om ook die inwoners van die Vredefort Hartshuis te bederf met kos, geskenke, musiek en vermaak.

Die opgewekte musiekklanke wat weerklink het uit die geel karavaan wat reg voor die Hartshuis geparkeer was, en vanwaar uitgesaai is,  het gesorg dat almal gou in ‘n goeie luim was, al het beurtkrag tydelik konsternasie veroorsaak.

Darem het die buurman en sy kragopwekker tot almal se redding gekom en het die kinderkoor-stemme met “Stille nag, heilige nag” die boodskap van Kersfees oorgedra.

Tafels was feestelik gedek en die gazebo in rooi getooi. Sommer vroeg is die vure aangesteek en het die wors, tjoppies, pap en sous, broodrollletjies, aartappelslaai en tamatie mengelslaai die sowat 80 mense later die middag heerlik laat smul.

Overvaal Stereo het regstreeks vanaf die Hartshuis die oggend uitgesaai vanaf 09:00 tot 13:00..

Dit was egter nie die einde van die partytjie nie. Na ete het Frikkie Smit gesing, en geskenke


uitgedeel

Buiten vir eetgoed het elke inwoner glashouers vol tee, koffie, suiker en melkpoeier ontvang. Vir hulle was dit die perfekte geskenk, want dit is juis wat hulle nie kan bekostig om te koop vir hulself nie.

Terwyl Frikkie DJ gespeel het, het  van die jonger inwoners saam met Ignaz gedans op die gras tot skemeraand. Die dag is as ‘n groot sukses, en ‘n wow-ervaring vir Vredefort en sy mense beskryf.

Dankie vir die mooi omgee-gebaar van VVA en Overvaal stereo. Foto’s met erkenning aam Overvaal Stereo.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button