Local news

Meer kers as fees oor kraglose ure op Kersdag

Verbruikers in die donker sonder waarskuwing


Eskom het nog nie antwoorde gegee op navrae oor waarom die kragonderbrekings buite die aangeduide nasionale beurtkragskedule tye nie, en moes verbruikers in Parys soos ook in ander munisipaliteite in die land   sonder krag sit vir ure lank. Geen verduideliking, geen skedule.

Verslae en woedende inwoners in Parys,  het ten spyte van Eskom se aankondiging van geen nasionale beurtkrag op Kersdag, hande in die hare gesit met kosmaakplanne vir Kersdag en familie kuiers wat sonder vooraf waarskuwing totale chaos was weens die kraglose ure.

Daar was geen manier om vooraf ander Kersdagplanne te kon  maak nie, want mense was salig onder die indruk – geen nasionale beurtkrag op Kersdag.

En vir Parysenaars – ook geen water want met knaende kragonderbrekings kan die dorp se reeds sukkelende wateraanleg ook nie funksioneer nie want daar is  nie n rugsteun kragopwekker vir die aanleg nie.

Volgens die Ngwathe uitvoerende burgemeester, rdl Victoria de Beer, het die munisipaliteit ook nog geen antwoorde van Eskom oor die ongeskeduleerde kragonderbrekings kon kry nie.

Die tydsberekening vir die kragchaos kon nie op n slegter tyd gekom het nie. In n Desember-vakansie, oor die Feesseisoen, en met n reeds sukkelende ekonomie. Die meeste sakelui en verbruikers was dit eens – as jy weet wanneer die krag af is, kan jy beplan, maar hoe oorleef besighede en huishoudings sonder krag sonder waarskuwing juis nou.

* Eskom het die sogenaamde ‘load reduction’  op Kersdag in al die Ngwathe dorpe, Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville toegepas



 

Related Articles

Back to top button