Local news

Motor in water dae nadat pad oopgestel is

Wees asseblief versigtig as jy hier bestuur.


Enkele dae nadat die R30 tussen Allanridge en Bothaville weer oopgestel is vir verkeer, het n voertuig op 23 Desember weer in die water van n pan langs die pad beland. Die pad is op 17 Desember uiteindelik vir verkeer oopgestel nadat dit vir lank gesluit was weens die talle ongelukke op die pad.

Die R30 tussen Bothaville en Allanridge het vroeg Februarie oorstroom ná swaar reën toe die pan se water oor die pad gespoel en die teervlak ernstig beskadig het. ‘n Kontrakteur het toe die padvlak verhoog tot bo die watervlak, maar sedertdien het die groot aantal ongelukke ernstige kommer oor die veiligheid van die pad gebring.

‘n Oos-Kaapse ouerpaar en hul twee dogtertjie van 2 en 4 jaar onderskeidelik het in Maart vanjaar n waterdood op die pad gesterf toe hul motor in die vroeë oggendure die pad verlaat en onder die water verdwyn het. Toe die pad gesluit is, is ‘n voertuig ook in die sandbanke in wat motoriste moes keer om die pad te gebruik.


Related Articles

Back to top button