Local news
Twee vragmotors in die water: Asseblief gehoorsaam die padtekens – dié pad is onder water
Wees gewaarsku - dié pad is gesluit vir verkeer
Motoriste is weer ernstige gewaarsku dat die R59 tussen Bothaville en Viljoenskroon tans gesluit is vir verkeer met water wat oor die pad stroom.
Let asseblief daarop dat die R76 as alternatiewe roete gebruik moet word.
Daar is pas twee vragmotors in die water in. Nooddienste is op die toneel om hulp te verleen.
Die pad is vanmiddag (Woensdag 21 Desember) reeds gesluit en is daar waarskuwingsborde aangebring om motoriste te waarsku teen die vloedgevaar en dat die pad gesluit is.
Dié foto’s is vroeër vandag op die R59 tussen Bothaville en VIljoenskroon geneem.
Hier is baie water!
Asseblief slaan ag op die waarskuwingsborde wat aangebring is. DIe R59 tussen Viljoenskroon en Bothaville is tans gesluit vir verkeer.