Local news

Kom ons help om Kersdag spesiaal te maak vir die sentrum se inwoners

Die meeste van die 66 inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum bly vanjaar by die sentrum oor Kerstyd. Jy kan vir hierdie inwoners Kersdag spesiaal maak met ‘n klein badbederfpakkie of selfs ‘n haarborsel en kam. Dink net as daar ‘n paar Parysenaars is wat elkeen vir een of twee inwoners ‘n bederfpakkie kan opmaak, …

Die meeste van die 66 inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum bly vanjaar by die sentrum oor Kerstyd.
Jy kan vir hierdie inwoners Kersdag spesiaal maak met ‘n klein badbederfpakkie of selfs ‘n haarborsel en kam. Dink net as daar ‘n paar Parysenaars is wat elkeen vir een of twee inwoners ‘n bederfpakkie kan opmaak, hoeveel vreugde daar sal wees as elkeen van die inwoners wat oor Kersdag by die sentrum is, ‘n pakkie kan ontvang.

Dit hoef nie duur te wees nie. Gee soos jy kan, dit wat jy het, want vir hierdie in- woners is die liefde wat hul ontvang die herinneringe wat hulle koester.
Jy is ook welkom om ‘n geldelike donasie aan die sentrum te maak sou jy verkies. Hiermee word noodsaaklike behoeftes vir die inwoners gekoop: Die bankbesonderhede vir elektroniese oorplasings is: Epilepsy SA, Absa Parys, takkode 632005, rekeningnommer 1130720 427. Bederfpakkies kan nog tot die 23ste Desember by die sentrum in Boomstraat afgegee word.

 

Related Articles

Back to top button