Local news

Dié drie leerders se talent beloon by Legends of the Arts

Vivienne van der Schyff en Carli en Reuben de Jager het by die Legends of the Arts SA kampioenskappe met talle toekennings weggestap.

Vivienne is aangewys as die Junior Drama-wenner. Sy het ook die toekenning ontvang as wenner van die algeheel beste inskrywing in die Open English kategorie met haar monoloog ‘Her name was Sarah’.
Carli het vyf goue medaljes verdien in die drama-afdeling, en is aangewys as Top 2 Junior Drama wenner. Hierbenewens het sy die kategorieë gewen vir beste Dramatised Prose en Monologue Comedy.
In die Fine Arts en Crafts-afdeling was sy die algehele Top 2 Junior wenner. In die Voice Acting-afdeling is sy aangewys as Top 2 Junior wenner. Vir redenaars was sy die algeheel Top 3 Junior wenner. Sy ontvang ook die algehele Top 10 Supreme Ambassador Sashe.
Reuben het vier goue- en een silwermedalje verdien in die Drama-afdeling, en is onder die Top 10 juniors. Hy het die algeheel beste Dramatised Poetry en Monologue Comedy- kategorieë gewen. Vir redenaars word hy as die algehele Top Junior wenner aangewys. In die Voice Acting-afdeling was hy die algehele Top 2 Junior wenner, en verwerf hy ook ‘n algehele Top 10 Supreme Ambassador Sashe.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button