Local news

Aanhoudende beurtkrag glo die sondebok vir swak MTN opvangs

“Ons kan nie oproepe maak of ontvang nie. Ek verloor baie geld as kliënte ons nie in die hande kan kry nie.”

Potchefstromers sukkel vir ‘n geruime tyd met MTN se selfoonsein, veral wanneer beurtkrag
ingestel word.

Besigheidseienaars noem ook dat hulle glad nie met kliënte kan kommunikeer nie, wat ‘n negatiewe
impak op hulle besighede het.

“Ons kan nie oproepe maak of ontvang nie. Ek verloor baie geld as kliënte ons nie in die hande kan kry nie,” noem
Carina de Klerk, ‘n plaaslike besigheidseienaar.

Volgens De Klerk het sy navrae aan MTN gestuur, maar tot op hede is die problem nog nie uitgesorteer
nie.

Die Herald het ‘n navraag aan MTN hieroor gestuur en het terugvoer ontvang dat beurtkrag tans ‘n groot lading op die huidige batterye en kragopwekkers laat.

“Die toenemende beurtkrag is ‘n uitdaging vir batterye om te herlaai. Ten spyte daarvan dat duisende
batterye by verskeie ‘sites’ geplaas is, is die doeltreffendheid van die batterye ‘n problem wanneer fase-4 beurtkrag oorskry word,” noem MTN SA se nasionale woordvoerder.

Volgens MTN-SA het hulle in die Potchefstroom-area oor die afgelope
drie jaar reeds sowat 37 terreine opgradeer om die effek van beurtkrag op verbruikers se konnektiwiteit te
verminder.

“MTN word steeds gekonfronteer met die uitdaging dat die huidige onderbrekingskedule nie genoeg tyd vir batterye toelaat om te laai nie. Battery-rugsteunstelsels neem gewoonlik 12-18 uur om te herlaai,
terwyl batterye ‘n kapasiteit van ongeveer 6-12 uur het, afhangend van
die terrein kategorie.”

MTN SA noem verder ook dat aanhoudende diefstal van die batterye ook ekstra druk op die effektiwiteit van die netwerk plaas. Batterye moet dan weer geïnstalleer word om
konnektiwiteit te verbeter.

“Ons vra verskoning vir die ongerief wat deur die netwerkonderbrekings veroorsaak is en wil kliënte verseker dat ons alles in ons vermoë doen om konnektiwiteit gedurende hierdie uitdagende tyd te behou.”

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button