Local news

Beeldmateriaal van 8-jarige wat kar bestuur maak opslae

Op die video kan mens sien hoe die 8-jarige seun agter die stuur van sy pa se voertuig deur die strate van Roshnee buite Vereeniging bestuur sonder toesig of lisensie. Op foto's lyk dit of hy 'n handwapen rondswaai.

VEREENIGING. – ‘n Video en foto’s wat wyd op sosiale media gedeel word wys hoe die 8-jarige seun van Roshnee agter die stuur van die voertuig sit terwyl lede van die gemeenskap hom vra of sy ouers weet waar hy is.

Die seun ry later weg.

Op ‘n ander foto wat intussen op sosiale media gedeel word lyk dit of die seun ‘n handwapen vashou.

Die sosiale aktivis Yusuf Abramjee het op ‘n plasing op Twitter gevra dat owerhede die pa van die seun so gou as moontlik moet aankla en in hegtenis neem.

“Daar moet vasgestel word of dit ‘n regte vuurwapen is,” meen Abramjee.

‘n Foto van die seun en sy pa in die voertuig wat die 8-jarige later alleen bestuur. Foto: Twitter/Yusuf Abramjee
‘n Foto van die agtjarige met wat soos ‘n handwapen lyk. Foto: Twitter/Yusuf Abramjee

 

Related Articles

Back to top button