Local news

VLU-vroue sluit die jaar af met gesellige saamkuier en erkenning vir die jaar se projekte

Vir 2023 wag 'n baie interessante program, en is gaste welkom om die maandelikse VLU-byeenkomste by te woon.

Dit was ‘n besige jaar vir lede van die plaaslike Vroue Landbou Unie (VLU) tak waar baie geleer en hegte vriendskappe gesmee is. Verlede Dinsdag is daar vir oulaas vir 2022 saamgekuier by Stir Coffee House om die jaar behoorlik af te sluit.
Die beloning van prag handwerk skeppings van die afgelope jaar, was ook weer een van die hoogtepunte by die afsluitingsgeselligheid.

Cynthia Bergh, Erna Hattingh, Bernadet van der Ende en Annatjie Dreyer wat vanjaar saam met Marietjie le Roux skoonskip gemaak het by die VLU-prysuitdeling. Marie- tjie was afwesig met die neem van die foto. Inlasfoto: As die muggies en vlieë jou ook die somer al tot raserny gedryf het, probeer gerus hierdie VLU-wenk

Vanjaar het Cynthia Bergh kon spog met die meeste punte by die VLU konferensie. Erna Hattingh ontvang toekennings vir haar bor- duurwerk, gebak, brei- en hekelwerk, preservering en tuiswerk. Sy het altesaam 21 artikels deur die jaar ingeskryf.
Bernadet van der Ende ontvang die trofee vir Handvlyt, en Annatjie Dreyer die trofee vir masjienwerk. Marietjie le Roux se Skryf-kuns, Fotografie, Skilderkuns en Blomme het aan haar ‘n welverdiende erkenning besorg.

Dinsdag is spesiaal dankie gesê vir elke VLU-lid se deelname deur die jaar.
Vir 2023 wag ‘n baie interessante program, en is gaste welkom om die maandelikse VLU-byeenkomste by te woon. Hou die Gazette dop vir meer besonderhede oor die maandelikse byeenkomste.
As jy graag by dié dinamiese groep vroue wil aansluit of meer inligting wil hê oor die VLU of die byeenkomste, skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204 of Bernadet v/d Ende by 082 474 0304
Maak ook solank ‘n nota van die VLU byeenkoms-datums vir 2023:
7 FEBRUARIE
7 MAART
4 APRIL
2 MEI
4 JULIE
1 AUGUSTUS
3 OKTOBER
7 NOVEMBER

 

VLU-wenk om ontslae te raak van lastige vlieë en muggies

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button