Local news

Skuldig Edelagbare aan ‘n weldaad

Dankie ook aan elkeen wat VVA se gholfdag die afgelope week ondersteun het.

Daar was Saterdag min genade voor dié regbank, want skuldig was hulle skuldig – en dit vir ‘n goeie saak.
Soos elke jaar het dié prettige ‘Boete, Boei en Betaal-fondsinsamelingsprojek’ van Vrystaat Versorging in Aksie weer die lagspiere in oefening gehou vir die kwinkslae wat agter die tralies en voor die regbank gehoor is.
Die projek help jaarliks om die finansiële druk op VVA Parys te verlig met ‘n gemeenskap se harte en beursies wat oop is vir die nood van ander.
Sommige van die ‘aange- klaagdes’ het vooraf hul boetes betaal, maar daar was ook dié wat vir die pret self hul saak kom stel het voor die ‘landdros’ op die stoep voor AB’s. Vir sommige was die skuldgevoel en boeie een té veel en het hulle hulself vrywillig kom oorgee.


VVA Parys sê dankie aan elkeen wat met soveel geesdrif deelgeneem het aan die dag, dié ‘dienaars van die gereg’, en hulle wat vooraf ‘n bydrae gemaak het.
“Dit is julle wat dit vir VVA makliker maak om ‘n daadwerklike verskil in ons gemeenskap te maak.”
As jy nog finansieel iets wil bydra of ‘n donasie wil maak vir die projek, kan jy VVA se kantoor in Buitenstraat besoek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button