Local news

Dis ‘n wen vir ‘warrior’ Willem

Baie geluk met dié trotse prestasie

Willem Janse van Vuuren het die afgelope naweek geskitter met ‘n eerste plek in die Warrior Race Commando Elite resies, geborg deur Virgin Active. Dié resies wat die derde vir die jaar was, is by Van Gaalen Cheese Farm naby Hartebeespoortdam gehou. Deelnemers is uitgedaag met 22 hindernisse wat uitgelê is op die 10km baan.

Willem het ook in 2019 saam met ‘n Parysenaar, Alida van Dyk, aan die wêreldkragmeting van die Obstacle Course Race in Londen deelgeneem. Meer as 100 hindernisse moes geklim en geklouter word. Willem is ‘n fiksheidsinstrukteur van Parys.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button