Local news

Pluimpie vir Ngwathe Brandweerdiens

‘n Groot pluimpie vir die Ngwathe Brandweerdiens vir die professionele en flinke hantering van ‘n botsingstoneel Donderdag- aand, 1 Desember op die R59 tussen Parys en Vredefort. Een van die wiele van ‘n tenkwa van Stellar Transport het vasgeslaan en het die tenkwa aan die brand geslaan. Daar is ammoniumnitraat in die tenkwa vervoer, maar …

‘n Groot pluimpie vir die Ngwathe Brandweerdiens vir die professionele en flinke hantering van ‘n botsingstoneel Donderdag- aand, 1 Desember op die R59 tussen Parys en Vredefort.
Een van die wiele van ‘n tenkwa van Stellar Transport het vasgeslaan en het die tenkwa aan die brand geslaan.
Daar is ammoniumnitraat in die tenkwa vervoer, maar die besending was gelukkig reeds afgelaai toe die ongeluk gebeur het.
Die Ngwathe Brandweerdiens was baie vinnig op die toneel en het die brand geblus. Dankie ook aan Tinus Jacobs wat met sy private brandweerwa ook op die toneel bystand verleen het.

 

Related Articles

Back to top button