Local news

Groot skade na beurtkrag

Groot skade na beurtkrag

‘n Brand in ‘n huis in ‘n meenthuiskompleks het Vrydagmiddag kort na beurtkrag, groot skade aangerig.
Die brand het vermoedelik by ‘n elektriese stoof ontstaan. Wees baie versigtig veral wanneer beurtkrag toegepas word dat alle elektriese toestelle wat aangeskakel was, veral toestelle met hitte elemente, afgeskakel is wanneer kragtoevoer onderbreek word.
Dieselfde geld vir krane wat oopgedraai word en dan oopgelos word wanneer daar nie water in die krane sou wees nie.
In beide gevalle kan dit groot skade veroorsaak wanneer die elektriese- of watertoevoer later herstel word.
Maak ook baie seker dat jy ‘n brandblusser in jou huis het, en verkieslik meer as een op verskillende punte in jou huis, sodat sou dit gebeur dat jy nie toegang het tot een brandblusser nie weens ‘n brand, daar ‘n tweede elders in jou huis is.
Dankie aan die Ngwathe Brandweer, Nel’s Security Solutions, WeCare, Parys Medix en Prinsloo Recovery wat op die toneel hulp verleen het.

Related Articles

Back to top button