Local news

Hulle het dit gedoen!!!!

Groot prestasie vir dié twee oudleerders en hul spanmaats

Joshua van Zyl en Etienne Kruger, twee oudleerders van Hoërskool Parys, en hul spanmaats,  Niël Gergenbach, Jean du Toit, Rynhardt Engelbrecht, en Henri Kock,, is die People’s Prize wenners van die landwye finaal van die internasionale Engineers Without Borders: Enigineering for People Design Challenge kompetisie. En dit is nie al nie! Hulle spog ook met ‘n algeheel tweede plek.

Joshua en Etienne en hul spanmaats is ingenieurswese studente van die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus. Vir die kompetisie is die ingenieurswese studente uitgedaag om ‘n probleem  te identifiseer en dan met ‘n innoverende oplossing vorendag te kom met in ag neming van die mense en die omgewing waar die probleem geïdentifiseer is.

Hul groep het probleme rondom voedselsekerheid in die Cape York area van Australië  aangespreek met hul innoverende Aguamundi-inisitief.

Die Cape York-gebied se ekologie is deur jare se oorbeweiding beskadig, wat tesame met die geografies geïsoleerdheid van die klein gemeenskappe, die gevolg het dat die voedselsekerheid van die gemeenskappe onder druk is.

Aquamundi is ‘n initiatief ontwikkel om Aquaponics in die gemeenskappe van Cape York, Australië te integreer. Met hul projek het hulle nie net voedselsekerheid aangespreek nie, maar wou hul ook seker maak daar word weg beweeg van praktyke in die gebied wat die ekologie beskadig, vertel Joshua, Etienne en hul spanmaats.

Hul projek se naam is afgelei van Aquaponics en Barramundi. Barramundi is die visse wat voorgestel word vir die Aquaponics sisteem.

Barramundi visse is inheems aan die gebied en groei vinnig.

Die span het Maandag 5 Desember ‘n voorlegging van hul projek gedoen tydens ‘n webinar, waarna die nasionale wenner op Dinsdag 6 Desember aangekondig is.

Aanvanklik het 44 groepe by die NWU deelgeneem, en het hul dosent vir Ingenieurswese in Konteks,  die top 5 groepe genomineer om teen die top 5 van elke universiteit in die land deel te neem in die nasionale semi-finaal.

‘n Internasionale span beoordelaars van 35 lande insluitend die VSA, die Verenigde Koninkryk en Australië het al hierdie projekte beoordeel om die top 5 in Suid-Afrika te kon aanwys vir die  SA-finaal.

Bo en behalwe die wenner van die SA-finaal, is ook ‘n People’s Prize wenner aangewys waar die publiek kon stem vir die projek wat hulle dink die beste is.

Dankie aan elkeen wat vir dié span gestem het. Ons is trots op julle!

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button