Local news

Babakluis ‘n noodsaaklike plek van veiligheid wat hoop op lewe bring

In baie gevalle is die gemeenskap nie bewus dat daar ander veilige opsies is as om net die baba op straat te los nie.

Verlede Donderdag (1 Desember) het ‘n voorval plaasgevind waar die lyk van ‘n pasgebore babaseuntjie in ‘n swartsak in Potchefstroom gevind is.

Hierdie voorval plaas weer die fokus op alternatiewe maniere vir pasgebore babas om ‘n kans op lewe te
hê.

 

In baie gevalle is die gemeenskap nie bewus daarvan dat daar ander veilige opsies is nie. Net soos  Emunah Foundation in Parys, fokus Vessels of Mercy, ‘n nie-winsgewende organisasie in Potchefstroom, ook op die behoeftes van verlate en verwaarloosde kinders, met ‘n babakluis wat ingerig is  sodat daar na die babas se behoeftes omgesien kan word. Dit is ‘n praktiese manier waar babas dan gehaal word en in pleegsorg geplaas word.
Die metaal babakluis het ‘n ingeboude alarmstelsel wat vir Vessels of Mercy se personeel laat weet as daar ‘n baba in die kluis geplaas word.

Die babakluis by Vessels of
Mercy waar ‘n baba in ‘n plek van veiligheid saam pleegouers geplaas
word. Foto’s: Verskaf.

Sodra die deur van die kluis toegaan gaan die alarm af. Die baba kan dan dadelik in ‘n plek van sorg geplaas word, in plaas daarvan om op straat gelos te word.

Die babakluis is in Joubertstraat 32.

Volgens die direkteur en stigter van Vessels of Mercy, Susan Fouché, is daar nog nie genoeg bemarking en bewusmaking oor hierdie babakluis fasiliteit wat in Joubertstraat 32 is nie.

Links na regs is Neville August (huisvader) Yvonne August (
huismoeder) Susan Fouché (stigter en direkteur van Vessels
of Mercy)

“Dit is belangrik om kennis hiervan in die gemeenskap te verskerp, sodat mense weet dat daar ‘n alternatief is. Ons kom agter dat hierdie sake waar babas op straat gevind word, baie meer as voorheen gerapporteer word. Die probleem is dat die babas nie betyds in sorg geplaas word nie. Ons kry nie babas wat in die kluis geplaas word nie,” noem sy.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button