Local news

Oorblywende bronsplate van Hoffman-plein nou veilig bewaar

Gemeenskap en organisasies werk saam om kultuurerfenis te bewaar

Na ’n lang gesukkel deur gemeenskapslede om toestemming te kry by die munisipaliteit om die oorblywende bronsplate  by die Hoffmn-plein in Bloemfontein te verwyder en in veilige bewaring te plaas, is dié proses uiteindelik  aan die gang gesit. Die toestand van Hoffman-plein in Bloemfontein het oor jare drasties agteruit gegaan. Na ’n besoek aan dié monument vroeër die maand het die FAK se kultuurnetwerke besluit om hand by te sit om besorgde inwoners te help om dié probleem op te los,.
Verskeie kultuurorganisasies in Bloemfontein het toe kragte saamgespan met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) om hierdie kulturele erfenis  te beskerm.
“Daar was eens op ’n tyd 18 bronsplate op die senotaaf by Hoffmann-plein waarop die name van soldate uit die Eerste Wêreldoorlog verskyn het, maar die meeste is al afgesteel,” het Jan-Danie Malan, die FAK se kultuurkoördineerder in die Vrystaat gesê.
“Gemeenskapslede het besluit om dié plate te verwyder en die FAK genader vir hulp en sedertdien het verskeie organisasies ingespring om ’n finansiële bydra te maak om die kontrakteurskostes te dek.
Foto’s: Facebook
“Baie dankie aan die Die Voortrekkers Brandkop (R500), AfriForum (R2000) en Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus (R2200) wat ingestaan het vir die befondsing van die projek. Ons is trots om gemeenskappe te sien saamstaan en saamwerk vir gemeenskaplike doel. Die bronsplate gaan veilig by die Suid-Afrikaanse Pantsermuseum (SA Armour Museum) by Tempe militêre basis bewaar word,” het hy afgesluit.
“Die Provinsiale Erfenisliggaam (PHRA) sal dan later besluit wat daarmee moet gebeur.”
Die FAK bedank graag AA Nutsman wat ingespring het om te help en ook die VF Plus en AfriForum wat ook by die Presidensie, een van die ander groot erfenisskatte in die dorp, skoon gemaak het en die tuine opgeknap het.
𝐉𝐲 𝐤𝐚𝐧 𝐨𝐨𝐤 𝐡𝐞𝐥𝐩 𝐨𝐦 𝐨𝐧𝐬 𝐡𝐚𝐧𝐝𝐞 𝐭𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐬𝐭𝐞𝐫𝐤 𝐞𝐧 𝐨𝐧𝐬 𝐤𝐮𝐥𝐭𝐮𝐮𝐫𝐧𝐞𝐭𝐰𝐞𝐫𝐤𝐞 𝐮𝐢𝐭 𝐭𝐞 𝐛𝐨𝐮. 𝐊𝐨𝐧𝐭𝐚𝐤 𝐯𝐢𝐫 𝐉𝐚𝐧-𝐃𝐚𝐧𝐢𝐞 𝐌𝐚𝐥𝐚𝐧 𝐛𝐲 𝐣𝐚𝐧𝐝𝐚𝐧𝐢𝐞@𝐤𝐮𝐥𝐭𝐮𝐮𝐫𝐭𝐮𝐢𝐬𝐭𝐞.𝐨𝐫𝐠.𝐳𝐚 𝐞𝐧 𝐡𝐞𝐥𝐩 𝐨𝐧𝐬 𝐨𝐦 𝐣𝐨𝐮 𝐞𝐫𝐟𝐞𝐧𝐢𝐬 𝐭𝐞 𝐛𝐞𝐰𝐚𝐚𝐫.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button