Local news

Bejaarde (89) steeds in hospitaal na aanval

Dokters sal vandag op hom opereer

Dokters in die Lenmed-hospitaal sou vandag, Saterdag 3 Desember op die 89-jarige mnr. Daniël Labuschagne van Parys opereer om die skade aan sy gesig te herstel, nadat hy vroeër die week in sy tuin deur twee mans oorval en met ‘n onbekende voorwerp geslaan is. Dit was met die skryf van die berig nog nie seker wat die skade aan sy oog is wat ook in die aanval beseer is nie.

Volgens mnr. Labuschagne se seun, Coenie, was sy pa die oggend in die tuin besig om te skoffel. Hy het net skiellik die slag gevoel toe sy twee aanvallers hom met ‘n onbekende voorwerp geslaan het. Hy is daarna in een van die kamers inforseer en vasgebind.

Sy aanvallers het soos ‘n orkaan deur die huis beweeg en alles uit die kaste en laaie gegooi. Selfs sy medikasie is uitgegooi.

Die twee verdagtes het te voet gevlug met onder meer sleutels, geld, juweliersware en ook ‘n baie waardevolle antieke silwer eetstel wat die enigste in die land is en ‘n erfstuk afkomstig van ‘n keiserlike familie van Duitsland.

Die vurk is deel van die waardevolle antieke silwer eetstel wat gesteel is, en is deur die verdagtes laat val

Mnr. Labuschagne het alleen in die huis gewoon en het gereeld in sy tuin gewerk.

Sy erf was omhein en sy hek toe. Sy aanvallers het vermoedelik oor die heining geklim om toegang tot die erf te kry, en het ook die hekslot gebreek.

Na die aanval kon mnr Labuschagne na ‘n lang gesukkel uiteindelik homself loswoel en het hy die paniekknoppie van sy sekuriteitsmaatskappy gedruk om hulp te ontbied.

Asseblief wees uiters waaksaam veral nou oor die feestyd wanneer misdaad gewoonlik skerp styg. Hou jou deure gesluit en wees bedag op enige verdagte bewegings of voertuie in jou omgewing. Wees betrokke in jou buurt. Ken jou bure en maak bemoeienis met hulle sodat jy weet wanneer daar iets nie pluis sou wees nie. 

‘n Ernstige en dringende beroep word ook op alle skroothandelaars, tweedehandse handelaars en antieke winkels gedoen om op die uitkyk te wees sou daar gepoog word om hierdie eetstel te verkoop. Skakel asseblief kapt. Gert Bruwer by 082 466 8094 of die speurder op bystand by 082 554 3041 sou jy enige inligting hê of daar gepoog word om van die gesteelde ware aan jou te verkoop. 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button