Local news

Hou jou oë en ore wawyd oop – misdadigers doen ook nou hul ‘Kerskopies’

Dink twee keer wanneer jy goed op die internet koop en maak seker dat dit 'n betroubare webtuiste is.

Met die Desember-vakansie wat voorlê en misdaad wat oor die Feestyd gewoonlik toeneem, moet jy baie versigtig wees wanneer ‘n OTM gebruik word. Bankkaartdiefstal is steeds ‘n baie groot probleem in die dorp, en is 12 gevalle van kaartdiestal hier tussen September en November gerapporteer.
Hou die volgende veiligheidswenke in gedagte:
1. Bedek die sleutelbord met jou hand wanneer jy jou pinnommer insleutel, selfs al sou jy alleen by die OTM wees.
2. Moet nooit hulp aanvaar of vra dat iemand jou help by die OTM nie. Gaan vra liewer hulp in die bank.
3. Registreer vir “3D secure” ook bekend as Verified by Visa of MasterCard SecureCode voordat jy aanlyn aankope doen met jou bankkaart.
4. Wees versigtig vir kennisgewings dat jy ‘n kompetisie gewen het, veral as jy weet jy het vir geen kompetisie ingeskryf nie. Moenie reageer op versoeke om jou persoonlike inligting te gee nie.
5. Dra so min moontlik kontant aan jou.
6. Gebruik alternatiewe bankmetodes soos internet banking of selfoon banking.
Onthou – net soos wat jy vir ‘n winskopie soek, doen misdadigers ook hul ‘Kers-inkopies’, en is hierdie juis ‘n tyd wanneer internetbedrog nog meer voorkom. Moet onder geen omstandighede val vir slim praatjies waarmee swendelaars jou wil oortuig om geld oor te plaas in ‘n rekening met die ‘vals’ belofte van geld wat gewen of verdubbel kan word nie.
Dink twee keer wanneer jy goed op die internet koop en maak seker dat dit ‘n betroubare webtuiste is. Dit gebeur daagliks dat mense op die internet goedere koop, en so vinnig as wat die geld oorgeplaas word, is dit die laaste sien van die verkoper. Koop eerder op betroubare web- tuistes en by aanlyn diensverskaffers wat jy weet jy kan vertrou.
Moet jou nie laat vang deur vreemdelinge wat jou in die straat of by ‘n besige inkopiesentrum sou voorkeer met allerlei aanbiedinge waar jy skiellik ‘groot afslag’ kan kry of geld kan maak nie.
Parys SAPD en kantoorpersoneel asook GPF-lede het verlede week juis ‘n bewusmakingsveldtog in die dorp gehou om met mense te gesels oor veiligheid oor die Feestyd. Slaan ag op die waarskuwings

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button