Local news

Naweek se reën kortwiek werk aan Weiveld-pad

Die skool, paaie departement en die Ngwathe munisipalteit werk egter nou saam om die pad weer rybaar te kry

Hoewel reën Maandag werk aan die S154 Weiveld-pad effe gekortwiek het, is die kontrakteur reeds hier en sal daar sodra die pad toeganklik is vir die swaar masjienerie, begin word met werk aan die pad, is vandeesweek bevestig. Die kontrak vir werk aan die S154 is tot einde Maart 2023.
Gazette het vroeër berig dat die Weiveld Landbou- en Hotelskool se meer as 500 leerders hul eindeksamen in lokale in Parys en Sasolburg afgelê het omdat die pad na die skool onbegaanbaar geword het vir skoolbusse wat die kinders na en van die skool vervoer.
Die reeds swak toestand van die pad is vererger deur swaar reên, wat die busse laat vasval het in die modder.
Die skool, paaie departement en die Ngwathe munisipalteit werk egter nou saam om die pad weer rybaar te kry, is vroeër aan Gazette gesê.
Vicky van der Westhuizen, ‘n boer van die Weiveld-distrik het vir jare die pad instand gehou, en gereeld geskraap met die onder- steuning van wyle Kobus Dannhauser, Pieter van der Westhuizen en Willem Coetzer. Vir boere het die instandhouding van die pad sonder regeringsondersteuning egter net té veel geword weens die hoë brandstofkostes waarvoor boere nie vergoed word nie.

Related Articles

Back to top button