Local news

Kerskonsert in Vredefort dié naweek

Die NG Gemeente Vredefort hou hierdie naweek, Sondagaand 4 Desember, sy Kerssangdiens saam met Erna Rademan en vriende in die pragtige ou NG Kerkgebou in Vredefort. Die diens begin om 18:00. Die kerk se manjifieke Fehrle en Roeleveld orrel wat vir 18 maande lank buite werking was weens weerlig skade, is weer tot sy volle …

Die NG Gemeente Vredefort hou hierdie naweek, Sondagaand 4 Desember, sy Kerssangdiens saam met Erna Rademan en vriende in die pragtige ou NG Kerkgebou in Vredefort. Die diens begin om 18:00.
Die kerk se manjifieke Fehrle en Roeleveld orrel wat vir 18 maande lank buite werking was weens weerlig skade, is weer tot sy volle glorie her-stel. As jy vroeër kom, kan jy hoor hoe Erna jubelende stukke speel om elke pyp ten toon te stel.
Benewens die sing van bekende kersliedere, is daar ook sangitems en trompetspel op die spyskaart.
Na afloop van die diens, kan jy lekker saamkuier met ligte verver- sings. Almal is welkom by die diens ongeag van taal of denominasie.
* Indien enigiemand ‘n goue kralehandsakkie opgetel het op die terrein van die NG kerk Vredefort ná die Deo Gloria konsert op 26 November, handig dit asseblief by die kerkkantoor in vir ‘n beloning van R200.
Die beloning sal geld al word net die bril wat in die handsakkie was, ingehandig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button