Local news

Jong man verdrink in dam

Ons innige medelye met dié jong man se familie

Die liggaam van ‘n jong man van 18 jaar is Vrydag uit die water van ‘n dam by Vredefort gehaal waar hy verdrink het.
Die man en sy vriende het verlede Donderdag hier geswem toe hy terwyl hy teruggeswem het na die oewer, in die moeilikheid geraak het.
Polisieduikers van Bloemfontein en die Welkom en Sasolburgse K9 Soek-en-Reddingspanne het Donderdag tot laat na hom gesoek maar moes die soektog later weens swak lig staak.
Vrydagoggend vroeg is die soektog hervat en is sy liggaam gekry. Watergras in die dam het die soektog bemoeilik.
‘n Liggaam is ook Saterdag by Villiers na ‘n verdrinking uit die Vaalrivier gehaal.

  • Ons innige medelye met hierdie families

Related Articles

Back to top button