Local news

Ai die water: Kyk wat gebeur in Potch

Inwoners gevra om drinkwater te kook

Die JB Marks Munisipaliteit het sy inwoners op die Bult en Potchefstroom Dam-areas gemaan om eerder hul drinkwater te kook aangesien daar tans ‘n ineenstorting van die chloorsisteem by die Ou Potchefstroom Waterbehandelingswerke is.

Volgens die JB Marks munisipaliteit lei hierdie ineenstorting van die chloorstelsel by die aanleg tot mikrobiologiese probleme.

“Spesialiste is tans op die terrein om die situasie te diagnoseer en te assesseer. Die herstelwerk aan die chloorstelsel sal Maandag, 28 November begin,” het die munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite in ‘n persverklaring bevestig, het Potchefstroom Herald oor die naweek berig.

Related Articles

Back to top button