Local news

Sanglegende en voormalige dosent by NWU se Skool vir Musiek oorlede

Gedeurende sy termyn as senior lektor en professor in sang (1974-2010) was Nel verantwoordelik vir die vokale ontwikkeling vir sangers in die Westerse klassieke sanggenre.

Die bekende operasanger en voormalige professor in sang by die Skool vir Musiek aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, Werner Nel, is op Dinsdag, 22 November in Krugersdorp in sy slaap oorlede.

Gedeurende sy termyn as senior lektor en professor in sang (1974-2010) was Nel verantwoordelik vir die vokale ontwikkeling vir sangers in die Westerse klassieke sanggenre. Sy sukses as een van Suid Afrika se leiers in sang onderrig word onbetwyfeld plaaslik, asook internasionaal erken.

Gebore in Duitsland in 1941 as Gerd, Werner Runge het hy na Suid-Afrika as ‘n Duitse oorlogweeskind aangekom, wat aangeneem is en toe Werner Nel geword het.

Hy het op 14 met sangonderrig by prof George Gruber en sy vrou Sofia begin met sangles. Hy het sy BA studies met Afrikaans by die Universiteit van Rhodes, Grahamstad voltooi.

Sedert 1964 het Werner ‘n gerespekteerde bariton solis in Suid Afrika geword in oratorium en Liederkonserte. Hy het beurse van SAMRO en die Duitse Akademie ontvang waarmee hy sy oorsese vokale studies by die Hochschule für Musik  in München by Prof Hanno Blascke voortgesit het.

In 1971 is hy as solis aangestel by die operahuis in Gelsenkirchen en ook besondere bekendheid verwerf as uitvoerder van oratorium en Duitse en Afrikaanse kunsliedere.

Met sy terukeer in Suid Afrika in 1973 het hy verskeie konserttoere en opera produksies gedoen in Suid Afrika en Namibie. In 1974 is hy as permanente sanglektor by die Noordwes Universiteit in Potchefstroom aangestel. Hy het gereeld nog as sanger opgetree en meestersklasse en konserte onderneem in die die buiteland oa ‘n uitvoering in die Wigmore Hall in Londen.

Dr. Antoinette Olivier, sanger en sangdosent aan die Noordwes Universiteit, wat ook een van Nel se studente was, noem dat hy ‘n ontsaglike impak in die klassieke musiek genre gemaak het.

“Werner Nel se waardevolle en onselfsugtige toewyding as sanger, pedagoog, en mentor in die klassieke musiek genre in Suid Afrika is ontsagtlik. Nel het ‘n groot voorliefde vir Afrikaans gehad en het gereeld Afrikaanse liedere in konserte gesing veral saam met die komponis Pieter de Villiers as begeleier.”

Nel was veral bekend vir Duitse Lied uitvoerings van werke soos Schubert se sangsiklusse  Die schöne Müllerin en Der Winterreise. Bariton operarolle waarin hy uitgeblink het was onder andere in Mozart se Die Towefluit, Cosi fan tutte, Die huwelik van Figaro vir die nasionale kunsterade Truk, Kruik, Sukovs en by die Promusica teater in Roodepoort.

In 2001 het hy ‘n spesiale prys van Aardklop kunstefees ontvang. In Maart 2003 het Nel ‘n ere doktors graad van die NWU verwerf. En in 2007 was hy die eerste ontvanger van die Huberte Rupert prys deur die Akademie vir Kuns en Wetenskap.

In die meer as 30 jaar wat hy verbonde is aan die universiteit in Potchefstroom (eers die PU vir CHO en nou Noordwes-Universiteit), bereik hy groot sukses as leermeester van jong sangers. Dit word weerspieël in die beduidende aantal van sy studente wat nasionale en internasionale aansien geniet, onder andere:

Kobie van Rensburg (sanger en regisseur), Sally du Randt, Erica Eloff, Jacques Imbrailo, Wilhelm Theunissen, Jacques le Roux, Mandie de Villiers. En in Suid Afrika is daar talle wat uitblink as sangers en sangonderwysers soos onder andere Rina Hugo, Linelle Wimbles, Charl van Heyningen, Elizabeth Lombard en Andre Howard

 

Related Articles

Back to top button