Mediese uitgawes hoop op na rugoperasie, infeksie
'n 39-Jarige haarkapper van Meyerton het hulp nodig om haar mediese onkostes te betaal nadat haar gesondheid na afloop van 'n rugoperasie versleg het en die mediese onkostes aanhou ophoop.
Annelize is gediagnoseer met ‘n toestand wat as kompressie van die rugwerwels bekend staan en daar is gevrees dat dit tot lewenslange verlamming kan lei indien sy nie geopereer word nie.
Annelize het toe ‘n laminektomie – ‘n chirurgiese prosedure wat uitgevoer word om die druk van die rugmurg te verlig – ondergaan.
Sy is op 14 September by die Thelle Mogoerane-streekshospitaal in Boksburg geopereer.
Later het sy ‘n bakteriële infeksie ontwikkel.
Annelize se toestand het versleg en die bakterië was weerstandig teen die antibiotika wat gebruik is om haar te behandel.
Op 22 November is daar weer op haar geopereer om die geïnfekteerde weefsel te verwyder en die wond en die vel te behandel.
Om dinge te vererger het Potgieter se gesin het nie ‘n mediese fonds nie.
Die gemeenskap probeer nou geld insamel om haar te help om haar hospitaalrekeninge te betaal.
Lede van die publiek wat bereid is om die gesin in ‘n tyd van nood by te staan kan die Facebook-blad Support Annelize besoek vir meer besonderhede.