Local news

Vriendinne wys hul talent

Met hul kunswerke het hul die fokus geplaas op botanie

Wanneer drie viendinne – elk ‘n kunstenaar in eie reg, op ‘n dag hul talente saamvoeg – staan jy terug in verwondering oor die kunstigheid waarmee dié vroue die fokus, elkeen in eie reg, op die droomwêreld van botanie plaas. Parysenaars het onlangs die voorreg gehad om die werke van Adel Fourie (keramiek), Liza Cullinan (silwer juweliersware) en Thea van Staden (olie verf) te kon besigtig met die Droom- blom-uitstalling aan huis van Leida Schuman in Boomstraat. Die huisuitstalling het ‘n unieke atmosfeer geskep wat elkeen van die kunstenaars se besondere styl in hul werk gekomplimenteer het.

Die gedagte om hul werke saam uit te stal, het eintlik begin met Thea en Adel se inisiatief twee jaar gelede met ‘n ope studio geleentheid aan huis van Thea in Lindequesdrift. Beide sy en Adel is sedert 2015 in Lindequesdrift gevestig. Met die tweede ope studio geleentheid het Liza wat ‘n Parysenaar is, ook haar juweliersware gebring, en dit is hier waar Leida die vriendinne se talent gesien, en aangebied het om haar huis oop te stel vir die Droomblom-uitstalling.

 

Leida Schuman saam met Thea van Staden, Liza Cullinan en Adel Fourie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button