CompetitionsLifestyleLocal news

Kompetisie vir skole: AfriForum-dissiplineveldtog

AfriForum is baie trots om vandag ’n nuwe kompetisie te kan aankondig om bewusmaking vir positiewe dissipline te skep en in skole te bevorder.

AfriForum is baie trots om vandag ’n nuwe kompetisie te kan aankondig om bewusmaking vir positiewe dissipline te skep en in skole te bevorder.

 

Die kompetisie, wat as “Wandel met waardigheid” bekendstaan, is deel van ’n nuwe veldtog wat AfriForum geloods het om die toenemende bekommernis wat daar oor swak dissipline in skole heers, aan te spreek.

 

Volgens Carien Bloem, veldtogkoördineerder vir onderwys, lei swak dissipline tot swakker werksprestasie onder leerders. “Al meer onderwysers roep ook die beroep vaarwel toe omdat swak dissipline dit vir hulle onmoontlik maak om gehalte-onderrig na te streef,” het Bloem gesê. “Dit ontmoedig ook voornemende studente om ʼn onderwysloopbaan te kies, wat vernietigende gevolge vir die toekoms van die Suid-Afrikaanse skoolstelsel en die jeug in besonder tot gevolg kan hê.”

 

Goeie dissipline is sinoniem met doeltreffende gehalte-onderrig en -leer. En tog blyk dissiplinêre probleme aan die toeneem te wees, die implementering van gedragskodes in skole ten spyt.

 

“Dit is ’n bekende feit dat swak huishoudelike omstandighede en ontoereikende waardes en norme ’n groot rede is vir die agteruitgang van dissipline in Suid-Afrikaanse skole,” het Bloem bygevoeg.

 

“Met dié kompetisie wil ons skole wat positiewe dissiplinêre beleide gebruik, uitdaag om hul beleide in te skryf. Daar is uitstekende pryse op die spel, onder meer ’n optrede deur Bouwer Bosch en Deon Meiring van Dans Dans Lisa, gratis mediabemarking, asook twee naweke vir vier by die gewilde bosveld vakansie-oord Kokoriba, en nog vele meer.”

 

Die beste praktyke wat uit die wenbeleide geïdentifiseer word, kan dan ook gebruik word om ander skole by te staan wat dissipline-uitdagings ervaar, maar nog nie ’n eie beleid op die been gebring het nie of ongewenste resultate kry.

 

Vir volledige inligting oor die kompetisie kan AfriForum se webblad by www.afriforum.co.za besoek word of Carien Bloem per e-pos by carien@afriforum.co.za bereik word.

Related Articles

Back to top button