Local newsSport

Tien van Parys in SA ringtennisspanne

Baie geluk aan hierdie spelers

Tien spelers van Parys se ringtennisklub is  ingesluit in die onderkeie SA-spanne wat hierdie naweek aan die 55ste SA ringtennistoernooi deelneem. Die toernooi het Saterdag 30 Maart begin en word Maandag 1 April afgehandel wanneer die onderskeie SA-spanne en SA-uitnodigingspanne teen mekaar speel.

Die Parys-spelers wat ingesluit is, is:
Kara Bampa en Ethan Maré – o.13 Presidentspan
Johan Britz – SA Veterane-span
Esther Goosen – SA Uitnodigingspan – Veterane
Anya Siragopoulos, Nathan Maré en Etheon Bampa – SA Uitnodigingspan o.16
Lené van der Merwe, Melisa Lubbe en Caldon Bampa – SA span o.16

Maandag word nog twee rondtes gespeel vir die onderskeie unie-spanne om mekaar die stryd aan te sê in die A- en B-afdelings.

By die SA Gemengde ringtennis-kampioenskappe wat Vrydag afgehandel is, het Parys ses medaljes ingepalm. By die o.13’s was dit Ethan Maré en Aneri du Toit wat goud gewen het. Lené van der Merwe behaal goud in die o.16 afdeling, terwyl Nathan Maré en Anya Siragapoulos brons verower het. In die Veterane-afdeling het Johan Britz ‘n silwermedalje gewen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button