Sport

Dis avontuur op sy beste vir enige bergfietsryer – jonk en oud

Moet dit nie misloop nie - skryf sommer nou in!

Kies jou avontuur is die slagspreuk van vanjaar se All Things Adventure Bergfiets-marathon, en dié een kan jy beslis nie misloop nie!

Op Saterdag 27 Augustus kry  bergfietsryers die geleentheid om die stil Koedoeslaagte-pad en die uitgebreide netwerk fietspaadjies op die Koedoeslaagte Trail Park te tem.

Drie goedgebalanseerde fietsroetes is uitgewerk, elk met sy eie uitdaging.

Vir die naweekryer en die jongklomp is daar die 25km ADVENTURE RIDE. Alle ryers wat in 2011 of vroeër gebore is kan hieraan kom deelneem. Hierdie 25km roete sal die Likkewaan- en Vlakvark-roetes van Koedoeslaagte insluit. Dis ‘n genotvolle roete en die wedren begin om 08:45 by Stonehenge, net buite Parys. Elke deelnemer sal ‘n medalje ontvang wanneer hy/sy klaarmaak. Die inskrywingskoste is R180 vir ‘n aanlyn-inskrywing en R200 vir ‘n laati nskrywing.

Vir die bergfiets-soldate van die sport is daar die uitdagende 38km CRATER RIDE. Hierdie roete sal ook die Ouplaas-roetes en die nuwe Boereoorlog Loopgraafroete verken; 3km se nuwe paadjies is spesiaal gebou vir hierdie jaar se All Things Adventure feeswedren. Hierdie wedren begin om 08:40 by Stonehenge en die inskrywingskoste beloop R250 aanlyn.

Vir die bergfiets-priesters het ons ‘n meer waaghalsige uitdaging; die VAAL MONSTER RIDE. Die Koedoeberg se 1618m bo seespieël is die hoote/hoogstepunt en die Witklipkontoer is die beloning. Hierdie wedren begin om 08:30 by Stonehenge en die inskrywingskoste beloop R300 aanlyn.

Vir meer inligting en om te registreer, besoek www.cratercycling.com of tree met Attie in verbinding 082 335 3358 (Whatsapp).

Gou spring want hierdie roetes wil jy beslis trap!

En as jy klaar gery het – moenie op pak en laat waai nie. All Things Adventures by Stonehenge net buite Parys bied vanjaar alles en meer vir die buitelewe entoesias. Daar is 73 uitstallers op die terrein met enigiets wat jou hart kan begeer van kamptoerusting tot al wat motorhandelaar is wat hul nuutste rytuie kom wys. Kom smul aan van pannekoeke tot Meksikaanse disse, en snuffel rond tussen vele stalletjies. Moet ook nie die wyn en kunsuitstalling in die hoofgebou misloop nie. Ses kunstenaars se werke kan gesien word.

En dan is daar die kunstenaars wat deur die loop van die dag gehoor kan word – Elzé, Mia, Victor Bravo, Ricky Faber en Chris Else.

Of dalk wil jy een van die ander buitelug aktiwiteite aanpak.

Vir net R80 toegang vir ‘n hele dag se vermaak en pret is dit die moeite werd om ‘n draai te maak op Saterdag 27 Augustus. Toegang vir kinders 6-12 jaar is slegs R40 en kinders onder 6 jaar het gratis toegang.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button