Local newsSchool

Nou wag SA’s vir dié atlete

Baie geluk aan die atlete en onderwysers van die skool met die mooi prestasie

Dit was ‘n groot oomblik vir atlete en onderwysers van Parys Primêre skool toe vier van die skool se atlete die afgelope naweek gekies is om van 24 tot 26 Maart aan die SA Skole atletiekkkampioenskappe in Pietersburg te gaan deelneem. Die atlete is Jandré v.d Berg (hoogspring), Jaco van Wyk (hoogspring en verspring), PC Steyn (diskusgooi) en Inke Nortman (spiesgooi).

Hulle word afgerig deur juffrou Sonet Schlebusch en juffrou Estelle Visser (hoogspring), juffrou Lindy Cronje (diskusgooi), juffrou Christené Ribberink (spiesgooi) en mnr. Stefan Terblanche en juffrou Lucy Viljoen (verspring).

Die mooi prestasie volg nadat die skool die afgelope naweek deur 14 van sy atlete by die Vrystaat skole-atletiekkampioenskappe in Sasolburg verteenwoordig is.

Die atlete wat die naweek deelgeneem het, was Inke Nortman (150m hekkies, 75mm hekkies en spiesgooi do.12), Victor van der Schyff (70m hekkies so.10), Olivia McIntyre (hoogspring do.11), Wian Pretorius (200m hekkies en hoogspring so.13), PC Steyn (diskusgooi so.13), Jaco van Wyk (70m hekkies, verspring en hoogspring so.11), Zuan van Riet (200m hekkies en 80m hekkies s0.13), Chane Dannhauser (1 200m do. 10), Leandri Connoway (gewigstoot do.11), Nuri Rourke (1 500m en 800m do.13), Jandre v.d Berg (hoogspring so.10), Lucien van Zyl (hoogspring so.12), Karliese Scheepers (1 200m do.11) en Janco Ferreira (1 200m so.12).

Baie sterkte aan Jandré, Jaco, PC en Inke vir die SA’s wat nou voorlê.

Parys Primêre skool se atlete wat nou hul staal by die SA kampioenskappe sal wys. Hulle is PC Steyn, Jandré v.d. Berg Jaco van Wyk en Inke Nortman, saam met die onderwysers van die skool wat hul afrig. Die onderwysers is agter van links juffrou Lindy Cronje, mnr. Stefan Terblanche, juffrou Sonet Schlebusch, juffrou Estelle Visser en juffrou Christené Ribberink. Juffrou Lucy Viljoen was afwesig met die neem van die foto.

Related Articles

Back to top button